Villa Rosa

Villa Rosa, Episode 857

Msimu 5, Kipindi Cha 857

Anthony spandeer 'n suksesvolle aand saam met Vivian. Carlo moedig vir Isabel aan om vir Charl se liefde te baklei.

Tazama Msimu Wote wa Villa Rosa Msimu 5

Episode 822
M5 K822 • 23D • HD10-12 PG

Dis Gekkedag en Petrus het vir al die Villa Rosers strikke gestel. Almal dink egter nie sy poetse is snaaks nie en op die ou end loop hy ook deur. Charl bring vir Isabel wonderlike nuus.

Episode 823
M5 K823 • 22D • HD10-12 PG

Astrid se dag skop verkeerd af, en almal moet haar irritasie ontgeld. Charl nooi Isabel vir 'n romantiese ete by die villa, maar hy weet nie wat op hom wag nie...

Episode 824
M5 K824 • 23D • HD10-12 PG

Astrid konfronteer Shane oor Kriek en Anthony is positief oor sy liefdelewe. Isabel en Charl baklei hard teen hulle gevoelens vir mekaar, maar vir hoe lank gaan hulle dit kan volhou?

Episode 825
M5 K825 • 23D • HD10-12 PG

Anthony besluit om Kupido te speel, maar dit het nie die gewenste resultate nie. Astrid onderskep die Shane-foon. Vroegaand drankies in die poolkamer ruk hand uit.

Episode 826
M5 K826 • 24D • HD10-12 PG

Die misverstand oor die SMS'e wat Kriek van Shane af gekry het, word opgeklaar. Petrus besef uiteindelik dat Kriek nie in hom belangstel nie en wonder hoe hy Astrid van sy lyf kan afhou.

Episode 827
M5 K827 • 23D • HD10-12 PG

'n Jaloerse Petrus maak ogies vir Petrie. Charl sit sy voet neer, en Hein en Marius se vete duur voort. Piet Smit maak sy opwagting by die villa.

Episode 828
M5 K828 • 23D • HD10-12 PG

Fritz voel weer vol moed vir die lewe en wil nuwe dinge aandurf. Vis probeer Shane oortuig om Isabel se fabriek as 'n front vir sluikhandel te gebruik.

Episode 829
M5 K829 • 23D • HD10-12 PG

Katinka daag op, maar kry met die intrapslag 'n nare verrassing. Hein en Marius begrawe die strydbyl, en Shane beraam nuwe planne. Kriek kry 'n skok, en Petrus mis 'n groot oomblik.

Episode 830
M5 K830 • 23D • HD10-12 PG

Fritz kry ontstellende nuus wanneer hy vir Ben bel. Al die inwoners van Villa Rosa kuier in Bakgat, maar Charl en Isabel kuier in haar woonstel. Met interessante gevolge.

Episode 831
M5 K831 • 24D • HD10-12 PG

Isabel en Charl hou hulle romanse geheim. Sussie en Hein beland in 'n vreeslike verleentheid, Anthony se depressie vererger, en Shane besoek die villa met 'n onwelkome verrassing.

Episode 832
M5 K832 • 23D • HD10-12 PG

Shane gooi sy gewig rond terwyl die ander aandeelhouers swaar sluk aan die feit dat hy nou 25% aandele in die villa besit. Die studentegang is skielik vol.

Episode 833
M5 K833 • 22D • HD10-12 PG

Hein wil vroeër trou, maar Sussie dring aan op 'n Oktober-troue. Shane begin sy gewig rondgooi in die villa en Marius, Charl en Fritz kom in opstand. Marius maak 'n skokkende aankondiging.

Episode 834
M5 K834 • 24D • HD10-12 PG

Emosies loop hoog as Marius sy besluit om sy aandele te verkoop, verder oorweeg. Charl en Isabel kuier alleen by haar woonstel terwyl 'n gespanne Anthony vir sy eerste afspraak sit en wag.

Episode 835
M5 K835 • 23D • HD10-12 PG

Anthony se eerste afspraak laat hom stom. Shane maak hom al hoe meer tuis in die villa. Charl en Isabel deel 'n passievolle oomblik, en raai wie vang hulle uit?

Episode 836
M5 K836 • 23D • HD10-12 PG

Charl en Isabel se verhouding kom op die lappe, en die storie versprei soos 'n veldbrand. Fritz is ontstoke omdat Ben sy aandele aan Shane verkoop het.

Episode 837
M5 K837 • 24D • HD10-12 PG

As Lorraine se ma by die villa opdaag, begin mense verstaan waar die meisie se sielkundige probleme vandaan kom. Astrid soek toenadering tot Shane, maar besef hy is nie oor Isabel nie.

Episode 838
M5 K838 • 23D • HD10-12 PG

Astrid en Charl is ewe bekommerd dat Shane sy visier dalk weer op Isabel gaan stel. Lenie maak die lewe ondraaglik vir Lorraine en kry ook vir Fritz en Astrid voor stok.

Episode 839
M5 K839 • 22D • HD10-12 PG

Hein se daknatmaakpartytjie werk anders uit as wat hy gehoop het. Fritz trap vir Shane behoorlik uit, maar loop in die proses sy rieme styf.

Episode 840
M5 K840 • 24D • HD10-12 PG

Shane treiter vir Fritz. Anthony het goeie nuus, en Lenie dwing vir Lorraine om terug te gaan Delmas toe. Gaan Lorraine na Marius se raad luister, of nie?

Episode 841
M5 K841 • 23D • HD10-12 PG

Lorraine neem 'n dapper besluit. Shane en Vis konkel oor hoe om 'n wig tussen Isabel en Charl in te dryf. Fritz kry 'n oproep uit Frankryk.

Episode 842
M5 K842 • 24D • HD10-12 PG

Hein vertel vir Sussie van Charl en Olga. So kom Shane daarvan te hore, en Vis kul vir Anthony om inligting in die hande te kry. 'n Nuwe gas boek by die villa in.

Episode 843
M5 K843 • 23D • HD10-12 PG

Anthony kan nie glo dat Cheryl hom nie weer wil sien nie. Wat voer sy in die mou? Shane is baie in sy skik dat Vis vir Olga opgespoor het.

Episode 844
M5 K844 • 23D • HD10-12 PG

Shane en Vis se planne neem vorm aan, die misterieuse dagboek het almal aan die wonder, en Sussie kry 'n nare voorgevoel. Kriek vlug vir Marius.

Episode 845
M5 K845 • 24D • HD10-12 PG

Die spanning begin knaag aan Sussie oor die naderende verlowingspartytjie en dan gee Hein haar ook nog slegte nuus. Charl verklap 'n paar van sy liefdesgeheime.

Episode 846
M5 K846 • 24D • HD10-12 PG

Fritz se eksvrou daag weer by die villa op, skynbaar om te verduidelik dat Ben sy aandele nie willens en wetens aan Shane verkoop het nie. Het Hein dit reggekry om Shane op sy plek te sit?

Episode 847
M5 K847 • 23D • HD10-12 PG

Die Koekemoers daag op met 'n hele wavrag voorraad, maar is teleurgesteld in hulle ontvangs. Ansie en Annetjie is haaks, en Marius kry 'n aangename verrassing.

Episode 848
M5 K848 • 23D • HD10-12 PG

Mari leer vir Cheryl iets van verhoudings. Vis sukkel om Olga in Suid-Afrika te kry, maar Shane weier om nee vir 'n antwoord te vat. Mari bespreek iets met Charl wat Fritz hewig ontstel.

Episode 849
M5 K849 • 23D • HD10-12 PG

Charl maak vir Isabel 'n aanbod wat sy nie kan weier nie. Marius en Lorraine is dolverlief. Shane is vasberade om sy plan deur te voer en Gerrie Pretorius maak sy opwagting by die villa!

Episode 850
M5 K850 • 23D • HD10-12 PG

Die vonke tussen Moekie en Ansie lei tot 'n sidderende ontploffing, Petrus groet, Fritz en Mari deel besonderse laaste oomblikke, en haar afskeid bring herinneringe terug.       

Episode 851
M5 K851 • 24D • HD10-12 PG

Astrid soek vir die soveelste keer toenadering by Shane. Dis Hein en Sussie se verlowingspartytjie, maar almal moet bontstaan om Ansie en Moekie uit mekaar se hare te hou!

Episode 852
M5 K852 • 23D • HD10-12 PG

Hein en Sussie raak bekommerd oor die familie-vetes, en begin 'n ander troudatum oorweeg. Vis beraam 'n plan met Chris Fourie, en Shane keur dit goed. Marius kry 'n skokkende oproep.

Episode 853
M5 K853 • 23D • HD10-12 PG

Marius en die Retiefs moet vinnig planne beraam wanneer hulle hoor Jackie wil haar villa-aandele verkoop. Die liefde blom tussen Charl en Isabel...

Episode 854
M5 K854 • 23D • HD10-12 PG

Jackie besluit tot Shane en Astrid se ergenis om haar aandele aan Charl en Marius te verkoop. Shane is woedend omdat sy nie sy aanbod wil aanvaar nie en weier om tou op te gooi.

Episode 855
M5 K855 • 24D • HD10-12 PG

Charl vier sy nuwe status, die oorlog oor Jackie se kamer duur voort, en die dagboek bly 'n punt van bespreking. Shane draai Astrid om sy pinkie en 'n beeldskone Rus maak haar opwagting.

Episode 856
M5 K856 • 23D • HD10-12 PG

Almal ding mee om Olga se aandag. Anthony se volgende internetvriendin boek by die villa in en sy is duidelik 'n dame met waardering vir die fyner dinge in die lewe.

Episode 857
M5 K857 • 23D • HD10-12 PG

Anthony spandeer 'n suksesvolle aand saam met Vivian. Carlo moedig vir Isabel aan om vir Charl se liefde te baklei.

Episode 858
M5 K858 • 24D • HD10-12 PG

Vivian en Anthony gaan weer uiteet, en Cheryl sukkel om haar jaloesie weg te steek. Intussen probeer Beverly nog steeds tevergeefs om Anthony te kontak.

Episode 859
M5 K859 • 23D • HD10-12 PG

Shane trek tydelik by die villa in, nogsteeds met die hoop dat hy 'n wig tussen Isabel en Charl kan dryf. Marius word wreed ontnugter.

Episode 860
M5 K860 • 23D • HD10-12 PG

Kriek kry ontstellende nuus, en Charl probeer tevergeefs om Olga teen Shane te waarsku. Bev daag onverwags by Anthony se woonstel op. Marius kom agter Lorraine steek dinge vir hom weg.

Episode 861
M5 K861 • 23D • HD10-12 PG

Isabel onthaal weer haar vriende, maar hou nie rekening met ongenooide gaste nie. Shane besef nie hoe geslepe Astrid eintlik is nie, en trap in haar strik.

Episode 862
M5 K862 • 25D • HD10-12 PG

Marius is agterdogtig oor wat Lorraine alles vir hom wegsteek. Olga sukkel om te aanvaar dat Charl nie vir haar bestem is nie. Astrid probeer Shane oortuig dat sy die vrou vir hom is.

Episode 863
M5 K863 • 24D • HD10-12 PG

'n Geliefde Villa Roser keer terug. Isabel en Charl het hulle eerste woordewisseling. Anthony wil vir Bev die trekpas gee, maar dis nie so maklik nie. Lorraine se leuens haal haar in.

Episode 864
M5 K864 • 23D • HD10-12 PG

Marius konfronteer Lorraine oor haar leuens en sy verval in 'n donker en emosionele put. Isabel word bederf met 'n spesiale ete, en Anthony kry die skok van sy lewe.

Episode 865
M5 K865 • 23D • HD10-12 PG

Anthony is aan Beverly se genade oorgelaat. As sy stories van gedoemde verliefdes begin vertel, raak Anthony baie bekommerd. Gaan Cheryl betyds opdaag om hom te red?

Episode 866
M5 K866 • 23D • HD10-12 PG

Die situasie in Anthony se woonstel word al hoe meer makaber. Marius en Lorraine is nog ongemaklik met mekaar, en Petrus stort sy hart by Hein uit.

Episode 867
M5 K867 • 23D • HD10-12 PG

Anthony probeer 'n nuwe taktiek om Beverly te laat afsien van die idee dat hulle saam moet sterf. Petrus ontmoet vir die eerste keer in sy lewe 'n meisie met wie hy niks te doen wil hê nie.

Episode 868
M5 K868 • 23D • HD10-12 PG

Petrus en Petro is haaks. Astrid ontvang vir Willie Louw, en aanvaar sy aanbod. Anthony oornag by die villa.

Episode 869
M5 K869 • 23D • HD10-12 PG

Sussie kom agter watter opwindende planne Hein vir hulle wittebrood het, Lorraine gee vir Marius 'n duur geskenk, en Petrus is in die moeilikheid.

Episode 870
M5 K870 • 23D • HD10-12 PG

Petrus en Petro is albei vasberade om mekaar te beïndruk tydens hulle afspraak. Anthony sukkel steeds om die traumatiese ervaring met Bev te verwerk.

Episode 871
M5 K871 • 23D • HD10-12 PG

Cheryl se trane is onkeerbaar, Petro ontdek daar was 'n weddenskap oor haar en Petrus se afspraak, en 'n goeie vriend van Charl daag op. Astrid ontvang 'n dringende foonoproep.

Episode 872
M5 K872 • 23D • HD10-12 PG

Zack lei vir Charl om die bos. Astrid knou weer vir Lorraine af, en 'n baie ontstelde Petro trek by die villa in. Zack ontmoet vir Isabel, en Astrid kry skokkende nuus.

Episode 873
M5 K873 • 22D • HD10-12 PG

Anthony probeer 'n afspraak met Astrid maak, maar sy vermy hom. Charl se nuwe werk word in die poolkamer gevier waar Zack die haan onder die henne is.

Episode 874
M5 K874 • 23D • HD10-12 PG

Astrid is so gespanne dat sy meer as gewoonlik met die villa se mense vassit. Cheryl wil weet wat Anthony pla, maar hy weier om dit met haar te bespreek.

Episode 875
M5 K875 • 23D • HD10-12 PG

Petrus en Petro bly koppe stamp, en Hein is kwaad vir Sussie. Marius gee vir Lorraine haar beloofde present, en die uitslag van Astrid se toetse is gereed.

Episode 876
M5 K876 • 23D • HD10-12 PG

Astrid onttrek haar en probeer haar skok en ontnugtering verwerk. Charl vermy vir Isabel. Cheryl en Anthony stamp koppe oor Astrid, en Anthony bars 'n bom en laat almal stom.

Episode 877
M5 K877 • 22D • HD10-12 PG

Astrid kruip in haar kamer weg terwyl Marius moet bontstaan vir die gaste. Isabel en Charl het 'n uitval, Cheryl is gefrustreerd omdat haar en Anthony se verhouding nie op dreef kom nie.

Episode 878
M5 K878 • 23D • HD10-12 PG

Zack laat bars 'n bom oor Eagle Creek se finansiering, en Shane soek 'n manier om wraak te neem op Charl. Intussen waag Astrid dit nog steeds nie by haar kamer uit nie.

Episode 879
M5 K879 • 23D • HD10-12 PG

Astrid kondig aan dat sy gesond is, en Petro en Zack maak ogies vir mekaar. Marius en Lorraine het 'n uitval, en Anthony verras vir Cheryl.

Episode 880
M5 K880 • 23D • HD10-12 PG

Anthony en Cheryl kom smoorverlief terug nadat hulle die naweek weg was, en Charl besluit hy moet Isabel ook weer 'n slag bederf. Petro probeer vir Petrus 'n poets bak.

Episode 881
M5 K881 • 23D • HD10-12 PG

Sussie en Lorraine vaar die winkels in en 'n gefrustreerde Shane loop hom vas in 'n baie gedetermineerde Astrid. Petrus is opgewonde oor sy nuwe werk.

Episode 882
M5 K882 • 24D • HD10-12 PG

Petro slaan Petrus se asem weg, en die spanning tussen Marius en Lorraine bereik breekpunt. Dan kom Astrid weer te staan voor 'n ou, gevaarlike gewoonte.

Episode 883
M5 K883 • 23D • HD10-12 PG

Kriek onderneem om vir Marius te probeer help met Lorraine, maar Lorraine interpreteer hulle pogings verkeerd. Shane en Astrid het 'n lelike uitval, en Astrid besluit om wraak te neem.

Episode 884
M5 K884 • 24D • HD10-12 PG

Petrus huil ook op Kriek se skouer omdat Petro nie voor sy sjarme wil swig nie. Charl en Cheryl wil gaan kamp, maar hul geliefdes dink glad nie dis 'n goeie plan nie.

Episode 885
M5 K885 • 24D • HD10-12 PG

Dinge tussen Marius en Lorraine bly krap. Cheryl wil 'n artikel skryf oor die volmaakte liefdesverhaal, maar as Hein haar motivering hoor, ontplof hy.

Episode 886
M5 K886 • 25D • HD10-12 PG

Die villa se krag is nog steeds af, maar niemand kan uitvind hoekom nie. Cheryl skimp verder dat sy by Anthony wil intrek; hy wil egter nie byt nie.

Episode 887
M5 K887 • 23D • HD10-12 PG

Katinka daag op, tot Fritz se groot vreugde. Sussie het 'n onderonsie met Astrid, en Vis slaan weer toe. Cheryl maak haar tuis by Anthony, en dit lyk of Marius se planne gaan uitwerk.

Episode 888
M5 K888 • 23D • HD10-12 PG

Die villa se kragkrisis ontaard in 'n katastrofe - die gaste word ongeduldig en Ansie se vrieskos begin ontdooi. Anthony vang Cheryl onkant met 'n uitnodiging.

Episode 889
M5 K889 • 23D • HD10-12 PG

Ontevrede gaste begin een vir een uitboek. Shane kom krap gemoedere net verder om by die Villa, Astrid is al weer vol skelmstreke, en Charl kry die verrassing van sy lewe.

Episode 890
M5 K890 • 25D • HD10-12 PG

Katinka beplan 'n romantiese ete, Anthony leer 'n ander sy ken van Cheryl, en Carlo hanteer dit nie goed dat Isabel vir Charl afgesê het nie. Danksy Shane skyn daar weer lig in Villa Rosa.

Episode 891
M5 K891 • 25D • HD10-12 PG

Katinka het nog nie moed opgegee met haar pogings om Fritz in te katrol nie. Carlo probeer Isabel vir oulaas oorreed om Charl nog 'n kans te gee. Lorraine maak 'n skokkende onthulling.

Episode 892
M5 K892 • 23D • HD10-12 PG

Katinka wil vir oulaas tyd saam met Fritz spandeer, en Sussie beland in die modder. Shane is in sy skik met die nuutste verwikkelinge, en Fritz ontvang 'n onwelkome oproep.

Episode 893
M5 K893 • 23D • HD10-12 PG

Anthony probeer uitvis hoe lank Cheryl nog by hom gaan bly, maar sy verstaan verkeerd en dink hy het langtermynplanne. Lenie Marx dring daarop aan om Lorraine terug huis toe te neem.

Episode 894
M5 K894 • 23D • HD10-12 PG

Astrid wys vir Lenie wie's baas. Marius probeer uitvis wat regtig vir Lorraine pla, maar sy verklap niks. Die Koekemoers arriveer en het 'n verrassing saamgebring.

Episode 895
M5 K895 • 23D • HD10-12 PG

Marius gee Sussie toestemming om haar trougoed in Jackie se kamer te hou. Moekie wil 'n onwillige Lammetjie aan Carlo voorstel, en Isabel kry nagmerries oor Roberto.

Episode 896
M5 K896 • 23D • HD10-12 PG

Saskia soek bewyse dat haar suster nog lewe, en Liam maak vinnig 'n slinkse plan. Chubby probeer Celine aan sy kant kry en Eben vra haar om die aand saam met hom uit te gaan. Lida vertel vir Fritz wat sy in die werkskamer aanmekaar slaan.

Episode 897
M5 K897 • 22D • HD10-12 PG

Karolien se eerste dag op kantoor hou 'n paar verrassings in, Isabel is emosioneel oor Roberto, en Sussie se droom van 'n sprokieshuwelik lyk al hoe bleker.

Episode 898
M5 K898 • 23D • HD10-12 PG

Lammetjie probeer Carlo weer uitvra, en Shane kom maak die villa se aandeelhouers 'n aanbod rakende Lenie Marx se eis teen hulle.

Episode 899
M5 K899 • 23D • HD10-12 PG

Die mense van Villa Rosa besef hulle het nie 'n keuse as om Shane Rix se aanbod te aanvaar nie. Hein en Sussie is moeg van hul familie se bakleiery en neem 'n belangrike besluit.

Episode 900
M5 K900 • 23D • HD10-12 PG

Ansie en Moekie wil die kinders oortuig om voort te gaan met die groot troue, en die henne-en-rampartye skop af. Charl se fout kom hom duur te staan.

Episode 901
M5 K901 • 23D • HD10-12 PG

Charl is in onguns by almal nadat hy Karolien probeer soen het. Gerhard en Vadie besluit dis tyd dat Ansie en Moekie 'n bietjie van hulle eie medisyne kry.

Episode 902
M5 K902 • 23D • HD10-12 PG

Marius staan bont om die villa te beskerm teen aantygings van sedeloosheid, en Moekie leef in angs dat haar naam beswadder gaan word. Carlo is Lammetjie se held.

Episode 903
M5 K903 • 23D • HD10-12 PG

Lorraine veg teen die versoeking, en Shane skok vir Karolien. Fritz en Anthony is bekommerd oor Astrid, en Moekie en Vadie maak 'n skokkende ontdekking.

Episode 904
M5 K904 • 24D • HD10-12 PG

Die nuus dat Hein en Sussie kleinneef en -niggie is, maak dat haar ouers die troue summier wil kanselleer en Sussie terug Kimberley toe neem...

Episode 905
M5 K905 • 23D • HD10-12 PG

Sussie moet 'n moeilike besluit oor haar toekoms maak. Intussen daag twee onverwagse besoekers by die villa op en Shane steek Astrid toe by die Retiefs.

Episode 906
M5 K906 • 22D • HD10-12 PG

Astrid se verdwyning maak vir Shane paranoïes, Kriek kom kuier, Lammetjie sleep vir Isabel na 'n nagklub toe, en Lorraine sit gestrand in Bakgat.

Episode 907
M5 K907 • 22D • HD10-12 PG

Hein besluit om die bul by die horings te pak, met verreikende gevolge. Astrid is steeds soek. Anthony is in ekstase oor Cheryl se SMS.

Episode 908
M5 K908 • 24D • HD10-12 PG

Sussie daag onverwags by Shane se kantoor op en Karolien moet haar goedjies pak. Charl maak 'n deurbraak wanneer hy 'n teenstrydigheid in die villa se boekhouding ontdek.

Episode 909
M5 K909 • 23D • HD10-12 PG

Hein kry baie swaar sonder Sussie. Anthony is verheug dat Cheryl terug is, en Carlo sien iemand uit die verlede vir wie hy lankal sy mes in het.

Episode 910
M5 K910 • 23D • HD10-12 PG

Carlo konfronteer vir Fanus, Isabel soek antwoorde by Shane, Astrid saai agterdog teenoor Charl, en Vis loop sy rieme styf.

Episode 911
M5 K911 • 23D • HD10-12 PG

Shane probeer vir Fanus opspoor. Fritz is erg bekommerd oor die finansiële sake van die Villa. Hein vat die pad, en Carlo besluit gereg in eie hande te neem.

Episode 912
M5 K912 • 23D • HD10-12 PG

Lorraine wil veranderinge in Bakgat aanbring en dit lei tot spanning tussen haar en Marius. Intussen voel Sussie baie sleg oor hoe sy en Hein uitmekaar is. 

Episode 913
M5 K913 • 23D • HD10-12 PG

Sussie skraap moed bymekaar om met Hein te praat. Isabel vra Shane 'n guns en hulle stamp koppe as hy nie sy belofte hou nie. Astrid het 'n nuwe plan vir die villa, en 'n nuwe gas daag op.

Episode 914
M5 K914 • 23D • HD10-12 PG

Isabel besluit finaal om nie meer haar tyd met Shane te mors nie. Anthony en Cheryl se liefde blom totdat daar 'n klop aan sy deur is. En die nuwe intrekker in die Villa. Wat is sy agenda?

Episode 915
M5 K915 • 23D • HD10-12 PG

Fritz dra 'n groot taak op aan Petrus. Isabel se afsydigheid teenoor Shane maak hom rasend, maar vir Carlo baie gelukkig. Neil wys sy ware kleure, en Vis vra vir Sussie 'n groot guns.

Episode 916
M5 K916 • 22D • HD10-12 PG

Sussie kan nie besluit of sy Vis wil help om Fanus iewers weg te steek nie. Neil dryf Astrid in 'n hoek. Fritz en Petrus ontdek iets interessant op die kaart agterop Oudokter se portret.

Episode 917
M5 K917 • 23D • HD10-12 PG

Neil se houvas op Astrid raak skrikwekkend. Gaan Fanus gered kan word en gaan Astrid by Shane kry wat sy wil hê?

Episode 918
M5 K918 • 22D • HD10-12 PG

Neil waarsku Astrid dat haar tyd besig is om uit te loop. Prof en Petrus gaan voort met hulle soektog en volg 'n baie belowende leidraad op. Fanus kruip steeds in Jackie se kamer weg.

Episode 919
M5 K919 • 22D • HD10-12 PG

Astrid probeer op 'n slinkse manier inligting uit 'n verskrikte Sussie kry. Anthony wend 'n desperate poging aan om met Beyers te kompeteer. Fritz en Petrus se skattejag gaan voort.

Episode 920
M5 K920 • 22D • HD10-12 PG

Charl word al hoe meer agterdogtig oor Neil. Shane is woedend wanneer Sussie hom van die veranderinge by die villa vertel. Intussen is Vis en Fanus steeds in Jackie se kamer vasgekeer.

Episode 921
M5 K921 • 24D • HD10-12 PG

Isabel se geduld raak op. Shane waarsku Astrid teen Neil, en Cheryl se gedrag teenoor Anthony begin hand uitruk. Neil se fasade rafel uit, en Petrus en Hein maak vrede.

Episode 922
M5 K922 • 23D • HD10-12 PG

Neil gaan soek Shane in sy kantoor op en dinge kom tot 'n punt tussen hom en Astrid. Fritz klop by 'n ou kollega aan vir hulp met die skatkaart.

Episode 923
M5 K923 • 23D • HD10-12 PG

Anthony wil Cheryl vir die dag uitneem, maar Beyers rokkel haar weg. Neil is skielik haastig om uit Bloemfontein weg te kom. Fritz glo hy en Petrus is op die rand van 'n groot ontdekking.

Episode 924
M5 K924 • 23D • HD10-12 PG

Daar is 'n ongemaklike atmosfeer in die villa. Shane is woedend vir Anthony en Astrid. Hy ontstig Sussie en dwing haar in 'n ding wat sy nie wil doen nie. Hein kry 'n skok.

Episode 925
M5 K925 • 24D • HD10-12 PG

Charl konfronteer Astrid oor die ring wat weg is. Marius beplan 'n romantiese aand vir Lorraine. Sussie en Hein neem finaal afskeid. Gaan Fanus 'n bekentenis aan Isabel maak?

Episode 926
M5 K926 • 23D • HD10-12 PG

Fritz kry nuus oor die veldponde. Astrid en Charl besluit om vrede te maak, en Fanus en Shane daag by De Ruimtes op...

Episode 927
M5 K927 • 23D • HD10-12 PG

Fanus bieg. Dinge loop skeef maar Shane probeer steeds vasberade sy plan uitvoer. Vis wil 'n tragedie verhoed. As Cheryl en Beyers foto's gaan soek kry hulle 'n onaangename verrassing.

Episode 928
M5 K928 • 23D • HD10-12 PG

Vis waarsku Shane dat hy nog eendag gaan boet vir wat met Fanus gebeur het. Petrus se modelmeisie irriteer party mense in die villa soveel as wat sy die manne betower.

Episode 929
M5 K929 • 23D • HD10-12 PG

Isabel en Cheryl sit vas. Cheryl kies finaal tussen Beyers en Anthony. By Bakgat is daar 'n groot partytjie  en die Retiefs kry skokkende nuus.

Episode 930
M5 K930 • 24D • HD10-12 PG

Niemand weet hoe om die nuus van Ben se ongeluk te verwerk nie. Beide Hein en Sussie kry 'n vreemde oproep. Anthony is bly om Cheryl weer vir homself te hê.

Episode 931
M5 K931 • 22D • HD10-12 PG

Cheryl probeer weer om met Isabel vrede te maak. Charl sal Prof na Frankryk vergesel, maar hy het 'n voorwaarde. Astrid daag onverwags by Shane op en maak 'n interessante ontdekking.

Episode 932
M5 K932 • 23D • HD10-12 PG

Fritz, Charl en Marius vertrek Frankryk toe. Gerhard en Vadie trek by die villa in. Wanneer Vis Astrid besoek gooi sy vir hom aas. Gaan hy dit vat?

Episode 933
M5 K933 • 22D • HD10-12 PG

Petrus is paniekerig oor sy voorgenome ete saam met Anke. Vadie en Gerhard speel nie oop kaarte met mekaar nie.Charl bel Isabel met skokkende nuus. 

Episode 934
M5 K934 • 23D • HD10-12 PG

Shane gee vir 'n teësinnige Vis 'n nuwe opdrag terwyl Astrid verder met die skatkaart vorder. Petrus en Anke se romantiese ete neem 'n onverwagse wending as haar ma by die Villa opdaag.

Episode 935
M5 K935 • 22D • HD10-12 PG

Carlo neem afskeid van Isabel en al sy vriende. Cilliers berei hom voor vir die finale rondte van die sangkompetisie en Annie Brandt maak vuur onder Petrus en haar dogter.

Episode 936
M5 K936 • 24D • HD10-12 PG

By die villa wag almal in spanning vir Fritz, Charl en Marius se terugkoms. Charl maak sy hart aan Isabel oop. Vis vertel Shane van sy planne.

Episode 937
M5 K937 • 23D • HD10-12 PG

Astrid soek skoor met almal. Anthony simpatiseer met Charl en Fritz. Die Bingo-aand veroorsaak wrywing tussen Marius en Lorraine. Charl kry 'n oproep van Ben se prokureur.

Episode 938
M5 K938 • 24D • HD10-12 PG

Marius vra Lorraine om verskoning en die twee maak vrede. Isabel erken sy voel eensaam sonder Carlo.  Shane staan reg met 'n nuwe opdrag vir Vis.

Episode 939
M5 K939 • 23D • HD10-12 PG

Vis wil Astrid teen Shane waarsku, maar hy weet nie hoe nie. Cheryl en Anthony is dolverlief, terwyl Shane weer probeer om Isabel uit te vra. Daniël kom loer na maande weer in.

Episode 940
M5 K940 • 24D • HD10-12 PG

'n Onverwagte gas daag by die villa op. Daniël nooi Sussie om iets opwindends saam met hom te doen, en Shane ontbied Vis weer na sy kantoor.

Episode 941
M5 K941 • 22D • HD10-12 PG

Die oorlog tussen Marius en Lorraine duur voort. Vis konfronteer Astrid. Hoekom het sy Shane vertel sy is MIV negatief? Hein bring 'n beseerde meisie Villa toe.

Episode 942
M5 K942 • 22D • HD10-12 PG

Anthony soek raad by Isabel oor Cheryl. Retha wil Fritz se vertroue  wen en Marius en Lorraine stamp steeds koppe. Vis probeer Astrid oorreed om van haar planne af te sien.

Episode 943
M5 K943 • 22D • HD10-12 PG

Daniël maak sy hart teenoor Fritz oop. Vis bring vir Shane die "geheime wapen", en Lorraine kry 'n blink idee. Almal is verbaas as Anthony met die verrassing van die jaar kom!

Episode 944
M5 K944 • 23D • HD10-12 PG

Astrid maak dinge moeilik vir Retha, en Marius vervies hom vir Lorraine. Shane wil nog nie die spuitnaald met Vis se vingerafdrukke vernietig nie...

Episode 945
M5 K945 • 23D • HD10-12 PG

Marius dank Lorraine af, en Vis besef Shane het hom bedrieg. Anthony verseker Cheryl van sy liefde vir haar, en Shane tref voorbereidings vir Astrid se dood.

Episode 946
M5 K946 • 22D • HD10-12 PG

Shane is gereed om finaal met Astrid af te reken, maar Vis probeer haar desperaat van hom af weghou. Mari is bekommerd oor Fritz se welstand.

Episode 947
M5 K947 • 24D • HD10-12 PG

'n Skokkende verrassing wag vir Sussie in Shane se kantoor. Astrid oorreed Vis om vir haar te werk. Voor sy afskeid neem waarsku Mari vir Fritz teen Retha.

Episode 948
M5 K948 • 24D • HD10-12 PG

Die Villa se mense tob oor Shane se tragiese dood. Niemand kan verstaan waarom Shane alles aan Astrid bemaak het nie. Astrid begin dadelik haar lyf rondgooi en die Retiefs sien swarigheid.

Episode 949
M5 K949 • 25D • HD10-12 PG

Sussie kry snuf in die neus oor Astrid se doen en late en vertel Charl van haar vermoedens. Astrid daag skynbaar in vrede by Isabel op, maar loop nie sonder 'n laaste dreigement nie.

Episode 950
M5 K950 • 22D • HD10-12 PG

Sussie geniet haar rol as die Villa se nuwe gasvrou. Cheryl se jongste artikel is klaar en Anthony wil fees vier. Vis vra Astrid om saam met hom na Shane se verassing toe te gaan.

Episode 951
M5 K951 • 22D • HD10-12 PG

Vicky begin vir Astrid werk. Charl praat met Fritz oor Retha, Lorraine en Marius baklei voort, Anthony het goeie nuus, en die vlam tussen Hein en Sussie flikker op.

Episode 952
M5 K952 • 23D • HD10-12 PG

Daniël kom verduidelik hoekom hy nie vir sy afspraak met Sussie opgedaag het nie, maar sy is te kwaad om te luister. Dinge tussen Hein en Sasha-Lee kom tot 'n punt.

Episode 953
M5 K953 • 24D • HD10-12 PG

Petrus besluit Vicky is sy droomvrou. Sussie kry 'n verrassing waarop sy nie voorbereid is nie en Charl konfronteer Retha, maar sy ontken heftig sy het 'n verskuilde agenda.

Episode 954
M5 K954 • 23D • HD10-12 PG

Sussie se stryd as gasvrou duur voort, maar Daniël sorg vir lig in haar lewe. Fritz en Retha se vriendskap raak al hoe hegter en 'n koelbloedige oorlog begin tussen Marius en Lorraine.

Episode 955
M5 K955 • 22D • HD10-12 PG

Hein en Petrus wedywer oor Vicky. 'n Beroemde persoon kom gesels besigheid met Charl. Daniël sukkel steeds om sy liefde aan Sussie te verklaar. Cheryl probeer Anthony verras.

Episode 956
M5 K956 • 21D • HD10-12 PG

Marius is steeds woedend vir Lorraine en dreig haar met 'n prokureur. Retha en Sussie kry stry, en Anthony en Hein verras Cheryl met iets wat haar asem wegslaan.

Episode 957
M5 K957 • 22D • HD10-12 PG

Dis die groot aand van die uitstalling en Charl se senuwees is aan flarde. Lorraine probeer Marius se vertroue terugwen. Petrus het sterre in sy oë, totdat Vicky haar mond verbypraat...

Episode 958
M5 K958 • 23D • HD10-12 PG

Sussie het slegte nuus vir Daniël, Petrus en Vicky se verhouding vlot nie goed nie, en Astrid probeer steeds vir Vicky onder haar duim kry. Marius slaan Lorraine se asem weg.

Episode 959
M5 K959 • 23D • HD10-12 PG

Marius en Lorraine is weer verlief. Cheryl kry uiteindelik duidelikheid oor haar en Anthony se verhouding. Retha vra Fritz om verskoning en Petrus verbrou nog 'n kans met Vicky.

Episode 960
M5 K960 • 23D • HD10-12 PG

Die Villa kom tot stilstand na 'n besige naweek. Sussie probeer met Retha praat oor haar huur, maar 'n argument ontstaan. Astrid besluit dis tyd om uit te vind wie en wat Retha regtig is.

Episode 961
M5 K961 • 25D • HD10-12 PG

'n Onwelkome besoeker daag op en veroorsaak 'n beroering onder die Villa Rosers. Astrid vra Retha uit oor haar verlede. Vis kom by die villa aan met interessante nuus.

Episode 962
M5 K962 • 22D • HD10-12 PG

Fritz weier om Astrid se aantygings teen Retha te glo. Maar Charl is van voor af agterdogtig. Astrid ontbied Chris na haar kantoor en die polisie daag by die Villa op.

Episode 963
M5 K963 • 23D • HD10-12 PG

Fritz is ontsteld oor Retha, Sussie is terneergedruk oor sommer alles, en Astrid se nuwe sekretaresse maak haar gek. Dan daag daar 'n beroemde gas by die villa op en die pret begin...

Episode 964
M5 K964 • 24D • HD10-12 PG

Hannon is op pad, maar nie sonder 'n laaste bietjie raad nie. Fritz moet gaan klasgee. Hein kan nie sy oë van die nuwe Sussie af hou nie en Astrid kom agter iemand is nog slinkser as sy.

Episode 965
M5 K965 • 25D • HD10-12 PG

Anthony neem 'n groot stap, en Annie Brand sit vas met Astrid en Petrus. Lorraine probeer uitvind of Marius nog gevoelens vir Lindie het. Sussie kry ontstellende nuus van die plaas af.

Episode 966
M5 K966 • 23D • HD10-12 PG

'n Gewese Villa inwoner maak haar opwagting en kruip dadelik weer in almal se harte - veral Petrus s'n. Fritz doen sy bes om Gerhard te ondersteun, en Isabel het groot besigheidsplanne.

Episode 967
M5 K967 • 24D • HD10-12 PG

Gerhard kry skokkende nuus. Charl tob oor Isabel se transaksie met Astrid. Astrid gee Karolien 'n harde tyd en Petrus is maar te dankbaar hy kan haar onderskraag.

Episode 968
M5 K968 • 24D • HD10-12 PG

Sussie en Hein besluit om vriende te wees. Hein is egter onseker oor 'n platoniese verhouding. Astrid maak Karolien se lewe hel. Gerhard bring ontstellende nuus van die prokureur af.

Episode 969
M5 K969 • 24D • HD10-12 PG

Isabel is ontstoke oor Astrid se gekonkel en oorweeg regstappe. Astrid begin haar bates konsolideer. Petrus kom laat by Bakgat aan. Sy moed is gebreek totdat Karolien, nes hy, laat opdaag.

Episode 970
M5 K970 • 22D • HD10-12 PG

Sussie is baie opgewonde dat nog 'n beroemde persoon in die Villa kom oorbly. Hein help Sussie met die Kersversierings, en Petrus moet alleen in King Pie werk.

Episode 971
M5 K971 • 23D • HD10-12 PG

Astrid se fabrieksverkope loop lelik skeef en sy vind 'n gedugte teenstander in Isabel. Sy haal haar frustrasie op Karolien uit. Tammy-Ann bring 'n baie bekende sanger na die villa toe.

Episode 972
M5 K972 • 23D • HD10-12 PG

Tammy-Anne geniet haar kuier by die Villa. Dit gaan beter met Gerhard maar Fritz het groot planne vir sy vriend. Hoe desperaat is Astrid om haar fabriek aan Isabel te verkoop?

Episode 973
M5 K973 • 23D • HD10-12 PG

Fritz speel Kupido. Astrid aanvaar teen haar wil Isabel se aanbod op haar fabriek. Marius en Lorraine vat 'n wegbreek en oorreed Petrus en Karolien om die fort te hou.

Episode 974
M5 K974 • 23D • HD10-12 PG

Met Kersfees om die draai tref almal laaste reëlings vir die feesdae. Sussie het 'n verrassing vir die weeskinders wat kom kuier, en Fritz sorg dat Gerhard en Katinka mekaar besig hou.

Episode 975
M5 K975 • 24D • HD10-12 PG

Daar word Kerskonsert in die villa gehou. Vriendskap- en familiebande is stewig en ou vriendskappe bloei van voor af. Die dag verloop vrolik en eindig op 'n hoë noot.

Episode 976
M5 K976 • 25D • HD10-12 PG

Lorraine vermoed daar is iets onderduims tussen Astrid en Marius aan die gang en Petrus maak planne om Karolien elke dag by hom te hê. Die vriendsakp tussen Gerhard en Katinka blom.

Episode 977
M5 K977 • 24D • HD10-12 PG

Gerhard en Katinka geniet mekaar se geselskap al hoe meer maar sien deur Fritz se plan. Karolien se vakansie word wreed onderbreek. Astrid kry 'n geheimsinnige besoeker.

Episode 978
M5 K978 • 24D • HD10-12 PG

'n Nuwe dag bring 'n geheimsinnige gas na die Villa se deure. Het Astrid uiteindelik haar eweknie ontmoet? Almal wag gespanne vir Vadie en Moekie se koms.

Episode 979
M5 K979 • 25D • HD10-12 PG

Dis Oujaarsdag en partytjiekoors loop hoog. Mike oorreed Astrid om te deel in die feesvieringe by die villa. 'n Groot verrassing wag op almal.

Episode 980
M5 K980 • 23D • HD10-12 PG

Hein en Sussie kom dolgelukkig terug van wittebrood af, maar moet met die intrapslag rekenskap gee aan Vadie en Moekie. Carla stel vir Anthony 'n uitdaging.

Episode 981
M5 K981 • 25D • HD10-12 PG

Charl en Isabel deel goeie nuus met Fritz. Karolien vertrek met 'n swaar gemoed en Astrid word deur 'n onverwagte besoeker verras. Marius en Lorraine se huiskoop-planne loop skeef.

Episode 982
M5 K982 • 24D • HD10-12 PG

Astrid wil van Neil ontslae raak, maar Mike dink hy kan nuttig wees. Anthony en Carla sit weer vas, en Fritz speel berader na Hein en Sussie se eerste uitval as jonggetroudes.

Episode 983
M5 K983 • 25D • HD10-12 PG

Hein vergeet van 'n belangrike afspraak. Mike en Astrid se planne verloop seepglad en Petrus raak onwetend betrokke. Lorraine en Marius kry alles gereed vir die verlowingspartytjie.

Episode 984
M5 K984 • 25D • HD10-12 PG

Fritz betrap 'n slapende Hein op die bank, maar Hein hou sy rede geheim. Isabel en Charl besluit op 'n troudatum. Hein sê uiteindelik vir Sussie hoekom hy nie 'n bed met haar deel nie.

Episode 985
M5 K985 • 24D • HD10-12 PG

Astrid is weer besig met haar streke. Marius en Lorraine se romantiese aandjie word wreed bederf en Petrus word al dieper by Mike Bonthuis se planne betrek.

Episode 986
M5 K986 • 23D • HD10-12 PG

Hein en Sussie is steeds smoorverlief, maar besef die werklikheid het sy eie slaggate. Mike, Vis en Astrid probeer mekaar uitoorlê, maar wie is werklik aan wie se kant?

Episode 987
M5 K987 • 24D • HD10-12 PG

Astrid is seker Neil het met haar bankrekeninge gepeuter, maar hy oortuig haar van die teendeel. Isabel is bekommerd oor Carla se veiligheid. Marius het groot nuus vir Lorraine.

Episode 988
M5 K988 • 22D • HD10-12 PG

Mike probeer die mense van Villa Rosa beïndruk met sy kookvernuf. Petrus droom groot en Marius en Hein wonder waar hy skielik so baie geld vandaan kry.

Episode 989
M5 K989 • 23D • HD10-12 PG

Vis en Neil maak gereed vir hulle aanval op Mike. Mike red Astrid van 'n traumatiese ondervinding, Gerhard gee vir Sussie en Hein 'n groot trougeskenk en Carla het goeie nuus.

Episode 990
M5 K990 • 23D • HD10-12 PG

'n Ou gesig is terug in die Villa se gange en dit voorspel moeilikheid vir Marius. Is Mike uiteindelik besig om die inwoners van die Villa se vertroue te wen?

Episode 991
M5 K991 • 23D • HD10-12 PG

Astrid is steeds agterdogtig oor Mike. Marius probeer Lorraine oortuig daar is niks tussen hom en Kriek nie, maar 'n insident by die villa versterk Lorraine se vermoede.

Episode 992
M5 K992 • 24D • HD10-12 PG

Kriek is bitter ontsteld oor Lorraine houding teenoor haar en besluit om iets daaromtrent te doen. Mike verras almal, selfs vir Prof.

Episode 993
M5 K993 • 23D • HD10-12 PG

Mike maak Charl en Isabel 'n aanbod wat hul nie kan weier nie. Astrid is gretig om by te wees as Isabel ineen stort. Lorraine se jaloesie dryf vir Marius tot uiterstes.

Episode 994
M5 K994 • 23D • HD10-12 PG

Astrid is ontsteld omdat Mike vir Carla by hulle bedrywighede wil betrek. Lorraine kan sien Marius is getrou aan haar, maar ander meisies bly nog steeds vir haar 'n bedreiging.

Episode 995
M5 K995 • 23D • HD10-12 PG

Anthony verloor stadig maar seker sy hart. Die ongemaklikheid by die Villa bereik intussen breekpunt. Een van die Villa se inwoners besluit om uit te trek.

Episode 996
M5 K996 • 23D • HD10-12 PG

Die skok van Lorraine wat weg is hang nog oor die Villa. Carla vra Astrid 'n guns, Isabel pas haar trourok aan en Anthony help Kriek om 'n besluit te maak.

Episode 997
M5 K997 • 23D • HD10-12 PG

Die manne is vuur en vlam oor die ramparty, en Vicky is in haar skik omdat sy werk by Bakgat gekry het. Marius konfronteer vir Mike oor Lorraine. Astrid maak 'n onthulling wat almal skok.

Episode 998
M5 K998 • 23D • HD10-12 PG

Gerhard soek raad by Fritz oor 'n netelige sakie. Vis probeer Astrid teen Mike waarsku. Petrus en Vicky wedywer oor die bestuurderspos by Bakgat. Charl se ramparty ruk hand uit.

Episode 999
M5 K999 • 23D • HD10-12 PG

Fritz sukkel om vrede tussen Marius en Charl te bewaar. Mike besluit om Vis nog 'n kans te gee, al dink Astrid hy maak 'n fout. Isabel kry 'n groot verrassing.

Episode 1000
M5 K1000 • 26D • HD10-12 PG

Dis Isabel en Charl se troudag. Die huwelikseremonie is 'n groot sukses en Isabel en Charl is stralend gelukkig.

Episode 1001
M5 K1001 • 23D • HD10-12 PG

Sussie kry 'n groot verrassing. Daar wag 'n skok op Marius. Blom daar nog 'n nuwe liefde in die Villa se gange? Mike trek stadig maar seker sy net stywer om die Villa se inwoners.

Episode 1002
M5 K1002 • 23D • HD10-12 PG

Carla en Charl het 'n uitval. Petrus maak 'n oordeelsfout. En die Villa Rosers besluit dis tyd dat Fritz 'n vrou in sy lewe kry.

Episode 1003
M5 K1003 • 24D • HD10-12 PG

Marius is woedend vir Petrus. Charl en Carla sit al hoe meer vas en Hein slaan Sussie se asem weg met 'n romantiese verrassing.

Episode 1004
M5 K1004 • 24D • HD10-12 PG

Anthony en Carla maak rusie en sy besluit om by die Villa in te trek. Astrid is steeds agterdogtig oor Mike en stuur Vis om ondersoek in te stel. Petrus is desperaat om werk te kry.

Episode 1005
M5 K1005 • 23D • HD10-12 PG

Carla vryf almal by die Villa verkeerd op. Marius kry 'n onaangename verrassing in die pos. Isabel en Charl sien uit na 'n aandjie saam met hulle vriende maar dit word vinnig bederf.

Episode 1006
M5 K1006 • 24D • HD10-12 PG

Marius en Vicky trek Bakgat se kos-saboteerder vas en dit veroorsaak dat Astrid, Mike en Vis vassit. Mike vermaak die klomp by die Villa en Carla hang aan sy lippe.

Episode 1007
M5 K1007 • 23D • HD10-12 PG

Vis soek witvoetjie by Astrid. Hein begin wroeg oor of sy lewe werklik vervuld is en dan daag daar gaste by die Villa op wat hom lelik die harnas injaag.

Episode 1008
M5 K1008 • 23D • HD10-12 PG

Vicky kry 'n onaangename verrassing in Bakgat en Marius besef dis 'n waarskuwing vir hom. Hein en Sussie probeer Vadie en Moekie ontwyk.

Episode 1009
M5 K1009 • 24D • HD10-12 PG

Vadie en Moekie onstel almal by die Villa. Petrus moet weer 'n pakkie vir Mike aflewer, maar dinge verloop nie volgens plan nie.

Episode 1010
M5 K1010 • 23D • HD10-12 PG

Gerhard kry onverwagte nuus uit die buiteland. Mike besef hy moet versigtiger wees oor wie hy vertrou. Astrid is groen van jaloesie.

Episode 1011
M5 K1011 • 23D • HD10-12 PG

Astrid is steeds ontsteld omdat Isabel soveel publisiteit kry, maar Mike sê sy moet op belangriker dinge fokus. Mike speel kat en muis met 'n niksvermoedende Vis.

Episode 1012
M5 K1012 • 23D • HD10-12 PG

Astrid slaan met mening toe op Marius. Charl ondervind reeds op sy eerste dag probleme by Eagle Creek. Sussie bespreek haar vrese met Kriek.

Episode 1013
M5 K1013 • 24D • HD10-12 PG

Sussie is oortuig Hein onttrek hom aan haar omdat hy spyt is hulle het getrou. Isabel het probleme by haar fabriek, en Carla en Anthony is gespanne oor hul naderende afspraak.

Episode 1014
M5 K1014 • 24D • HD10-12 PG

Die spanning tussen Hein en Sussie affekteer almal in die Villa en Gerhard besluit om in te gryp. Fritz kom agter daar is iets nie pluis tussen Charl en Isabel nie en Marius kry goeie nuus.

Episode 1015
M5 K1015 • 25D • HD10-12 PG

Hein stem uiteindelik in om plaas toe te gaan. Charl wil vrede maak met Isabel. Mike verras Astrid met 'n koerantberig en Fritz vat Anthony en Carla vas.

Episode 1016
M5 K1016 • 24D • HD10-12 PG

Carla kom na Anthony met 'n ongewone versoek en ons ontmoet vir Alex Beukes. Charl besluit om tog vir 'n onderhoud te gaan. Ilze is vies vir Petrus en Hein gee vir Sussie skokkende nuus.

Episode 1017
M5 K1017 • 25D • HD10-12 PG

Sussie is geweldig onsteld deur Hein se bekentenis en moet 'n belangrike besluit maak. Alex gaan vir 'n werksonderhoud, maar sy opgewondenheid is van korte duur.

Episode 1018
M5 K1018 • 23D • HD10-12 PG

Hein praat ernstig met Sussie en dring uiteindelik tot haar deur. Charl ondersteun Isabel met haar fabrieksake en moet 'n groot besluit oor sy toekoms neem.

Episode 1019
M5 K1019 • 23D • HD10-12 PG

Hein besluit om Sussie weer die hof te maak. Carla en Anthony probeer hard om almal te oortuig dat hulle nie verlief is nie. Astrid en Mike kry 'n onverwagse besoek van iemand uit Namibië.

Episode 1020
M5 K1020 • 24D • HD10-12 PG

Anthony probeer Carla van sy agterdog teen Alex vertel, maar sy wil niks daarvan hoor nie. Mike en Vis wil Lindie oorhaal om saam met hulle te werk, maar Astrid verseg. Hein kry slegte nuus.

Episode 1021
M5 K1021 • 25D • HD10-12 PG

Die Villa word beroof. Mike blyk aangetrokke te wees tot 'n nuwe intrekker by die Villa en Astrid is nie glad nie gelukkig daaroor nie. Marius beplan 'n spesiale aandjie.

Episode 1022
M5 K1022 • 22D • HD10-12 PG

Marius en Kriek is dolverlief, maar sy is bang Lindie kom tussen hulle. Fritz vra Vicky om die Villa se boekhouding by Charl oor te neem.

Episode 1023
M5 K1023 • 23D • HD10-12 PG

Lindie probeer Vis oortuig om saam met haar te werk. Sy slaag ook daarin om Fritz se ondersteuning te wen. Hein kry 'n nuwe assistent en Lindie haal weer haar ou streke uit.

Episode 1024
M5 K1024 • 23D • HD10-12 PG

Die vonke spat tussen Lindie en Astrid. Fritz maak 'n belangrike besluit. Vis en Astrid sweer saam, Mike is agterdogtig, en Vis kry sy volgende opdrag.

Episode 1025
M5 K1025 • 24D • HD10-12 PG

Petrus probeer hard om 'n indruk te maak op Sumien. Die vete tussen Astrid en Lindie groei en Lindie kom agter nie almal val vir haar streke nie.

Episode 1026
M5 K1026 • 24D • HD10-12 PG

Petrus het groot planne om Sumien te beïndruk. Kriek kom agter Sussie se houding teenoor Lindie het verander en staan dan haar man teen Marius se eks.

Episode 1027
M5 K1027 • 23D • HD10-12 PG

Die vergadering draai in Astrid se guns en Lindie sweer wraak. Petrus reël 'n romantiese aand vir hom en Sumien. Mike probeer steeds Astrid se guns wen, maar dié keer met 'n ander taktiek.

Episode 1028
M5 K1028 • 24D • HD10-12 PG

Fritz is gespanne oor sy verskyning in die kinderhof. Lindie soek toenadering tot Marius en hy ontdooi onverwags. Maar dan kom Kriek op hulle af.

Episode 1029
M5 K1029 • 23D • HD10-12 PG

Astrid en Mike gaan 'n weddenskap aan. Sussie en Hein maak hulle harte oop teenoor Gerhard. Carla en Anthony kom beide tot 'n besef en Isabel is bekommerd dit kan op 'n ramp afstuur.

Episode 1030
M5 K1030 • 24D • HD10-12 PG

Marius probeer Petrus weereens teen Mike waarsku, maar Petrus bly lojaal. Fritz en Charl besluit hulle moet Anthony en Carla help om mekaar te vind.

Episode 1031
M5 K1031 • 23D • HD10-12 PG

'n Bekende kamerkoor daag by die Villa op. Vis oortuig Astrid van sy lojaliteit, en Anthony en Carla kan nie meer wegsteek hulle is verlief nie.

Onyesha Zaidi
  • In Bloemfontein is daar ‘n gastehuis waar die mure ore het en waar daar daagliks drama, intriges en ook baie komedie afspeel.
  • WaigizajiLieb Bester, Elize Cawood, Herman Hardick
  • Timu Christo Gerlach (Muongozaji)
  • AinaSoap
  • Misimu6
  • StudioM-Net

Kula bando: Burudani + Premier League

Ni zaidi ya burudani! Pata uhondo wa filamu, tamthilia kali, vipindi vya Kiafrika, na mechi za Ligi Kuu ya Uingereza mubashara kwenye simu yako.

KUANZIA
TSh 19,800