Villa Rosa

Villa Rosa, Episode 21

Season 1, Episode 21

Die spanning tussen Louise en Rikus raak ondraaglik. Reëlings vir die verlowingspartytjie gaan egter voort. Rebecca saai paniek.

Watch Full Episodes of Villa Rosa Season 1

Episode 1
S1 E1 • 23m • 10-12 PG

In Bloemfontein there is a guest house where the walls have ears and where there is daily drama, intrigue and also a lot of comedy.

Episode 2
S1 E2 • 23m • 10-12 PG

Ben kry slegte nuus van sy bankbestuurder. Wie is die geheimsinnige vrou wat ronddwaal in Villa Rosa? Wie breek die glase en drink al die melk? Spook dit dalk tog in die ou herehuis?

Episode 3
S1 E3 • 23m • 10-12 PG

Rebecca probeer haar bes om dinge moeilik te maak vir die inwoners van Villa Rosa. Gaan sy daarin slaag om hullle uit die huis te dryf? Wanda, Ben se vervreemde vrou, daag onverwags op.

Episode 4
S1 E4 • 24m • 10-12 PG

Fritz se lieflingseun, Charl, daag by Villa Rosa op na 'n lang tyd as avonturier in Afrika. Wanneer hy en Wanda mekaar sien, is daar elektrisiteit in die lug...

Episode 5
S1 E5 • 23m • 10-12 PG

Wanda speel 'n gevaarlike speletjie met Charl. Fritz begin te glo dat spoke moontlik wel bestaan. Fritz is in sy noppies as Charl aankondig dat hy nog langer in Villa Rosa gaan bly.

Episode 6
S1 E6 • 23m • 10-12 PG

Villa Rosa kry onverwags sy eerste gas. Die inwoners kan hulle oë nie glo as hulle sien wie dit is nie. Maar sal hulle die besoek kan hanteer?

Episode 7
S1 E7 • 23m • 10-12 PG

Louise en Marius kom klop aan by Villa Rosa en Delarey Verster kom loer ook in. Wanda voel bedreig en neem 'n onverwagse besluit.

Episode 8
S1 E8 • 23m • 10-12 PG

Louise en Marius trek by Villa Rosa in. Marius probeer steeds sy dagga uit die skoorsteen kry en raak paniekbevange wanneer Fritz die vuurherd in die studeerkamer wil uittoets.

Episode 9
S1 E9 • 23m • 10-12 PG

Fritz is ingenome as sy vuurtjie uiteindelik behoorlik vlam vat, terwyl Marius vergeefs probeer om die vuur te blus. Soos dagga walms deur die huis trek, daag die polisie by Villa Rosa op.

Episode 10
S1 E10 • 23m • 10-12 PG

Charl help vir Ben om 'n lening te bekom wat sy geldnood kan oplos. Ben begin planne beraam vir Villa Rosa se loodspartytjie. Fritz het genoeg gehad van Duncan se derderangse handewerk.

Episode 11
S1 E11 • 23m • 10-12 PG

Die foto's waarop Fritz en Marius afgekom het verdwyn geheimsinnig. Fritz vermoed hy het iets of iemand op die trappe gesien en stel ondersoek in... met skokkende gevolge.

Episode 12
S1 E12 • 24m • 10-12 PG

Voorbereidings vir Villa Rosa se groot opening het begin en alles is in rep en roer. Rikus krap vir Louise om, en Rebecca neem die huis behoorlik op horings.

Episode 13
S1 E13 • 24m • 10-12 PG

Die spanning loop hoog soos die inwoners van Villa Rosa gereed maak vir die groot aand. Danksy Rikus daag daar buitengewone gaste op. Jackie is die ster van die aand.

Episode 14
S1 E14 • 23m • 10-12 PG

Marius probeer Tanya help om van haar dwelmgewoonte ontslae te raak. Wanda ontmoet Shane Rix. Rebecca is steeds besig om Fritz deurmekaar te maak met goed wat verdwyn en weer verskyn.

Episode 15
S1 E15 • 23m • 10-12 PG

Delarey en Elsabe besluit om hulle verlowingspartytjie in Villa Rosa te hou. Wanda en Shane leer mekaar beter ken. Marius probeer steeds geld kry om vir Tanya te help.

Episode 16
S1 E16 • 23m • 10-12 PG

Marius maak 'n belangrike besluit. Rikus ontstel vir Louise en boonop wil Wanda intrek. Elsabé se ring raak 'n probleem, maar Jackie het moontlik 'n groter probleem.

Episode 17
S1 E17 • 24m • 10-12 PG

Fritz kry sy lankverwagte navorsing en is hoogs in sy skik. Shane Rix krap dinge deurmekaar by Villa Rosa en terwyl Jackie haar eie probleme het, wag daar nog 'n groter skok op Louise.

Episode 18
S1 E18 • 24m • 10-12 PG

Tanya is ernstig beseer in die ongeluk en Louise blameer Rikus omdat hy vir Marius 'n motorfiets gekoop het. Rebecca en Fritz sit vas en Portia gee vir Delarey raad.

Episode 19
S1 E19 • 23m • 10-12 PG

Marius is ontsteld dat hy nie vir Tanya mag sien nie. Delarey se dilemma raak al hoe erger en net as Louise dink die ergste is verby, kry sy nog 'n skok.

Episode 20
S1 E20 • 23m • 10-12 PG

Te midde van al die probleme maak Rikus dinge nie makliker nie. Fritz en Marius vind 'n raakpunt. Louise kry nuus van die hospitaal, maar Paul en Annemarie laat haar nie met rus nie.

Episode 21
S1 E21 • 24m • 10-12 PG

Die spanning tussen Louise en Rikus raak ondraaglik. Reëlings vir die verlowingspartytjie gaan egter voort. Rebecca saai paniek.

Episode 22
S1 E22 • 24m • 10-12 PG

Charl het groot planne vir sy nuwe besigheid en Wanda kry uiteindelik haar eie blyplek. Fritz begin sy navorsing op paranormale verskynsels toespits en roep Marius se hulp in.

Episode 23
S1 E23 • 23m • 10-12 PG

Fritz se navorsing oor spoke loop skeef en net Wanda weet waarheen Charl verdwyn het. Duncan maak na 'n lang tyd weer sy opwagting. Hy praat van groot toekomsplanne, maar wat is dit?

Episode 24
S1 E24 • 23m • 10-12 PG

Die vriendskap tussen Fritz en Marius word al hegter en Wanda besluit dis tyd om terug te trek Villa Rosa toe. Die Gastehuisvereniging se inspektrise daag onverwags op.

Episode 25
S1 E25 • 24m • 10-12 PG

Die argitek Ben Retief, en sy pa, prof Fritz Retief wil 'n historiese herehuis in Bloemfontein in 'n gastehuis omskep. Hulle sien gou dit gaan meer werk kos as wat hulle gereken het.

Episode 26
S1 E26 • 23m • 10-12 PG

Marius bereik breekpunt en Delarey en Elsabé se verhouding neem 'n verrassende wending.

Episode 27
S1 E27 • 23m • 10-12 PG

Wanda maak 'n slinkse plan. Fritz sonder hom al hoe meer af. Prof. Theuns daag onverwags op met 'n ongenooide gas. Ben kry skokkende nuus van Charl.

Episode 28
S1 E28 • 23m • 10-12 PG

Charl word gevange geneem in Mosambiek. Gaan die verlore seun sy jongste avontuur oorleef? Delarey se ma kom agter Elsabé dra nie haar ouma se ring nie.

Episode 29
S1 E29 • 23m • 10-12 PG

Rebecca kom te hore van Marius en Fritz se plan. Jackie en Louise se verhouding is hegter as ooit en hulle beplan 'n gesellige dag saam. Die poppe begin egter dans as Madame Zelda opdaag.

Episode 30
S1 E30 • 24m • 10-12 PG

Tanya se vreemde gedrag maak almal bang. Rebecca slaag steeds daarin om die inwoners te verwar. Gunther en sy trawante is genadeloos. Sal Charl en Ben hierdie uitdaging oorleef?

Episode 31
S1 E31 • 23m • 10-12 PG

Portia sien glad nie meer kans vir Villa Rosa se spookstories nie en Delarey se ma maak die lewe vir hom baie moeilik. Sal Charl se ontvoerders hom vrylaat wanneer Ben die losprys betaal?

Episode 32
S1 E32 • 23m • 10-12 PG

Die spanning tussen Delarey en Elsabé neem toe. Die feit dat Tanya vir Rebecca by die geheime deur sien uitkom het, is vir Rebecca 'n groot probleem. Ben en Charl is in lewensgevaar...

Episode 33
S1 E33 • 23m • 10-12 PG

Portia maak 'n skokkende aankondiging. Gerhard wonder wat Ansie in die mou voer. Marius probeer steeds om Tanya se geheueverlies aan te spreek deur storievertelling.

Episode 34
S1 E34 • 23m • 10-12 PG

Portia probeer vrede maak met Duncan. Louise en Wanda sit lelik vas. Tanya verdwyn spoorloos en Marius begin naarstiglik na haar soek. Is sy in gevaar, of speel sy net 'n speletjie?

Episode 35
S1 E35 • 23m • 10-12 PG

Marius spoor vir Tanya op. Vir die eerste keer in 'n lang tyd is daar 'n noue band tussen die Schoemans. As Portia gereed maak vir haar nag in die portaal, begin die poppe dans!

Episode 36
S1 E36 • 23m • 10-12 PG

Almal is verlig dat Ben en Charl weer veilig tuis is. Ben is op die oorlogspad en konfronteer vir Shane Rix oor wat in Mosambiek gebeur het. Fritz haal sy ou konsertina uit die laai...

Episode 37
S1 E37 • 23m • 10-12 PG

'n Krisis ontstaan oor Fritz se geld. Rebecca kry 'n aangename verrassing. Wanda raak al meer agterdogtig oor Ben en Louise - en as sy by Shane kom, wag daar nog 'n skok.

Episode 38
S1 E38 • 23m • 10-12 PG

Wanda sukkel steeds om haar egskeiding te verwerk. Delarey kom terug van die Oos-Vrystaat af en is sommer met die intrapslag weer in die moeilikheid by sy ma. Duncan kry baie slegte nuus.

Episode 39
S1 E39 • 24m • 10-12 PG

Marius hou sy nuwe ontdekking geheim. Duncan beleef 'n trauma. Die inwoners hou partytjie en as die deure skielik oopswaai, kry hulle 'n opwindende verrassing!

Episode 40
S1 E40 • 23m • 10-12 PG

Marius glip weer by Rebecca se geheime deur in en kom agter sy sit agter baie van die vreemde gebeure in die villa. Louise aanvaar 'n uitnodiging om saam met Shane vir middagete te gaan.

Episode 41
S1 E41 • 23m • 10-12 PG

Fritz is baie opgewonde oor sy onderhoud, maar die ander is glad nie seker dat dit 'n goeie idee is nie. Natasha se planne verloop vlot. Wanda kry baie slegte nuus.

Episode 42
S1 E42 • 23m • 10-12 PG

Louise maak 'n skokkende ontdekking. Portia gee vir Delarey raad oor sy ma en Elsabé. Fritz sit die onbetaamlike mannetjie by Villa Rosa se voordeur, finaal op sy plek - of só dink hy.

Episode 43
S1 E43 • 24m • 10-12 PG

Jackie het opwindende nuwe planne. Shane se vreugde oor Louise word gedemp en Delarey en Elsabé se verhouding bereik krisis-punt. Maar die groot vraag is: gaan Rebecca ontmasker word?

Episode 44
S1 E44 • 24m • 10-12 PG

Marius belowe Rebecca om haar geheim te bewaar. Wanda beïndruk Shane. Niemand is seker hoekom Delarey by Villa Rosa ingeboek het nie, maar dan daag Elsabé daar op...

Episode 45
S1 E45 • 24m • 10-12 PG

Ons kom meer te wete van Shane en Natasha se geskiedenis. Rebecca word gekonfronteer met haar verlede. Fritz beleef 'n traumatiese nag en as Ben op hom afkom, wag daar 'n groot skok ...

Episode 46
S1 E46 • 24m • 10-12 PG

Fritz mis vir Rebecca ontsettend baie en besluit om iets aan die saak te doen. Charl help Jackie uit 'n verknorsing en Marius kry nog 'n kans om vir Natasha ogies te maak.

Episode 47
S1 E47 • 24m • 10-12 PG

Charl se gedagtes is by Natasha en hoewel Wanda nie weet wié die meisie is nie, is sy groen van jaloesie. Fritz se dilemma vererger as Ben met alle geweld in die kelder wil ingaan.

Episode 48
S1 E48 • 24m • 10-12 PG

Fritz is verlig dat Rebecca terugkom Villa Rosa toe, maar moet iets kosbaars in ruil daarvoor prysgee. Natasha sit vir Charl op sy plek. Portia kry 'n geskenk van 'n geheime bewonderaar.

Episode 49
S1 E49 • 23m • 10-12 PG

Charl is vasberade om uit te vind watter speletjie Shane speel. Fritz dink die tyd is ryp vir 'n koffiehuis-konsert in Villa Rosa. Portia se geheime bewonderaar maak 'n afspraak met haar.

Episode 50
S1 E50 • 23m • 10-12 PG

Wat is die verband tussen Natasha en Rebecca? Gaan Portia uiteindelik haar geheime bewonderaar leer ken? Villa Rosa se mense stem oor watter idee die beste is - wie gaan wen Charl of Ben?

Episode 51
S1 E51 • 23m • 10-12 PG

Charl se idee van 'n spooktoer het gewen en almal begin reëlings tref. Rebecca knoop 'n gesprek aan met Natasha. Sy wil meer van haar weet. Waarom? Ben se Gariep-projek val deur die mat.

Episode 52
S1 E52 • 24m • 10-12 PG

Almal is in rep en roer oor die spooktoer. Rebecca is ongelukkig oor Wanda die toer by Charl oorgeneem het. Portia is in trane oor haar geheime bewonderaar.

Episode 53
S1 E53 • 24m • 10-12 PG

Blommie gee rose vir Wanda, wat eintlik vir Portia bedoel was. Marius probeer steeds sy bes om Natasha te beïndruk. Almal is reg vir die groot aand - Spooktoer.

Episode 54
S1 E54 • 23m • 10-12 PG

Drie gewapende mans verongeluk die spooktoer en die inwoners verkeer in lewensgevaar. Maar dan daag daar nóg twee onverwagte gaste op en skielik lyk sake nie meer so sleg nie.

Episode 55
S1 E55 • 23m • 10-12 PG

Delarey en sy pa begin vassit oor die ringsoekery. Die halssnoer wat aanhoudend verskyn en verdwyn, beland tot Blommie se groot ontsteltenis weer in Shane se kantoor.

Episode 56
S1 E56 • 23m • 10-12 PG

Die Gastehuisvereniging se inspektrise bel om te sê sy kom Villa Rosa oor 'n uur besoek en almal staan bont om betyds gereed te wees. Almal behalwe Fritz, hy is op 'n sending van sy eie.

Episode 57
S1 E57 • 23m • 10-12 PG

Jackie en Marius se kuier op die plaas word kortgeknip. Fritz geniet sy vriend Ollie Viljoen se geselskap en probeer selfs vir hom voorsê wat om by die koffiehuiskonsert te sê en doen!

Episode 58
S1 E58 • 23m • 10-12 PG

Daar wag 'n skok op Villa Rosa se inwoners. Wanda pak vir die soveelste keer haar tas en storm by die villa uit. Maar hierdie keer is sy nie die enigste een nie...

Episode 59
S1 E59 • 23m • 10-12 PG

Shane beswadder anoniem die Villa se naam by die Volksblad, maar Fritz wil Rebecca die skuld gee. 'n Dame en haar dogters wat intrek by die Villa, is nie wie hulle voorgee om te wees nie.

Episode 60
S1 E60 • 23m • 10-12 PG

Shane Rix lê nou met mening aan by Louise, wat nie kan besluit of hy die regte man vir haar is nie. Fritz is op 'n missie om uit te vind wie die weeluisramp aan die koerant uitgelap het

Episode 61
S1 E61 • 23m • 10-12 PG

Louise maak 'n afspraak met Shane en Jackie voer haar eerste onderhoud met Delarey. Intussen kry die villa se vrouegaste die een besoeker na die ander.

Episode 62
S1 E62 • 23m • 10-12 PG

Villa Rosa se drie vroulike gaste se storie kom op die lappe. Marius en Natasha het 'n uitval en hy probeer alles om weer in haar goeie boekies te kom. Shane is besig met slinkse planne.

Episode 63
S1 E63 • 24m • 10-12 PG

Natasha maak 'n plan om meer besigheid vir Ben én Charl in te bring. Wanda nader Shane vir hulp. 'n Joernalis bel om te hoor of Villa Rosa 'n plesierpaleis is. Ben is op die oorlogspad.

Episode 64
S1 E64 • 23m • 10-12 PG

Villa Rosa-aandele raak gesog by die inwoners en 'n mens begin wonder wie gaan volgende koop. Charl kry verrassende nuus, maar het Wanda die hele gesprek gehoor?

Episode 65
S1 E65 • 24m • 10-12 PG

Portia probeer uitvind hoe Jackie oor Delarey voel. Shane beplan iets onderduims om Ben en Villa Rosa skade te berokken en hy flikflooi by Wanda sodat sy vir hom sy vuilwerk moet doen.

Episode 66
S1 E66 • 24m • 10-12 PG

Jackie se artikel van Delarey is in die koerant, en Delarey skaam hom dood daaroor. Ansie en Gerhard is geskok oor die foto in die koerant.

Episode 67
S1 E67 • 23m • 10-12 PG

Natasha trek by die villa in terwyl die bouers haar huis opknap en Ben en Marius ding om haar aandag mee. Delarey kry 'n onverwagte besoeker met skokkende nuus.

Episode 68
S1 E68 • 23m • 10-12 PG

Delarey is steeds in skok oor die nuus dat Elsabé swanger is. Rebecca vis by Wanda oor die brand. Charl laat weet hulle kom vroeër terug. Hoekom?

Episode 69
S1 E69 • 23m • 10-12 PG

Delarey se ouers is hewig ontsteld oor Elsabé se swangerskap. Sy pa voel hulle moet trou, maar sy ma dink nie dis 'n goeie idee nie. Rebecca speel 'n kat-en-muis speletjie met Wanda.

Episode 70
S1 E70 • 24m • 10-12 PG

Elsabé en Portia begrawe die stydbyl. Shane is onwillig om vir Natasha van haar verlede te vertel. Delarey en sy ouers het 'n geweldige uitval, met traumatiese gevolge.

Episode 71
S1 E71 • 24m • 10-12 PG

Ben kry die skok van sy lewe. Natasha vra Fritz om haar te help om haar familie se stamboom na te spoor. Delarey se ouers nooi hom en Elsabé vir ontbyt in die stad.

Episode 72
S1 E72 • 24m • 10-12 PG

As Delarey uitkom met die hele sak patats, is die inwoners van Villa Rosa baie geskok. Natasha sukkel steeds om haar voorsate op te spoor.

Episode 73
S1 E73 • 24m • 10-12 PG

Marius kla by Natasha oor sy ma en skimp by haar vir blyplek. Portia en Jackie is vasbeslote om Delarey op te beur. Charl en Wanda kom terug van hul wegbreek naweek - met skokkende nuus.

Episode 74
S1 E74 • 23m • 10-12 PG

Wanda gooi haar gewig rond as die nuwe mevrou Retief. Fritz geniet dit om weer die pasiënt te wees wat bederf word. Ben kan sy woede nie beteuel oor Charl en Wanda se huwelik nie...

Episode 75
S1 E75 • 23m • 10-12 PG

Fritz sien Charl vir die eerste keer ná die huweliksaankondiging en vlieg hom in. Shane besluit dis tyd om Marius onder sy vlerk te neem - die seun kan hom nog handig te pas kom...

Episode 76
S1 E76 • 24m • 10-12 PG

Wanda wil met alle geweld weer die koerant haal. Portia kry goeie nuus. Shane se planne werk nie uit nie. Marius en Charl maak vrede en Blommie staan sy man - met skokkende gevolge.

Episode 77
S1 E77 • 24m • 10-12 PG

Blommie voel sleg oor sy rusie met Shane. Natasha vra Rebecca raad oor die feit dat Shane so snaaks optree wanneer dit by haar stamboom kom. Louise begin haar pottebakkersateljee inrig.

Episode 78
S1 E78 • 23m • 10-12 PG

Fritz ontvang 'n dreigbrief. Tot Wanda se ontsteltenis verwissel die misterieuse halsnoer ononderbroke van eienaars. Maar sy het plannetjies in plek om die Villa finaal oor te neem.

Episode 79
S1 E79 • 23m • 10-12 PG

'n Onverwagse ontdekking lei tot groot opgewondenheid. 'n Bekende persoonlikheid bespreek plek by Villa Rosa. Shane kry 'n skokkende brief van iemand uit sy verlede.

Episode 80
S1 E80 • 23m • 10-12 PG

Wanda word uitgevang. Rebecca het haar eie agenda met die geheime kaart en Shane maak vir Natasha 'n aanbod wat sy nie kan weerstaan nie...

Episode 81
S1 E81 • 23m • 10-12 PG

Villa Rosa in rep en roer, want Fiesta se aanbieder en kameraman kom tydens die Volksbladfees daar bly. Maar eers daag 'n man en vrou met 'n hoop plastieksakke in die voorportaal op...

Episode 82
S1 E82 • 23m • 10-12 PG

Opwinding loop hoog as Franci van Fiesta by die Villa kuier. Portia en Wanda sit vas. Fritz se onderhoud met Franci is minder as suksesvol. Shane Rix lewer 'n geheimsinnige brief af.

Episode 83
S1 E83 • 23m • 10-12 PG

Die dag van Wanda se troufotosessie breek uiteindelik aan. Fritz kry 'n naamlose brief oor sy navorsing aangaande Natasha se stamboom, maar hy steur hom min daaraan.

Episode 84
S1 E84 • 24m • 10-12 PG

Wanda se ma se aankoms by Villa Rosa veroorsaak pandemonium en die joernalis is dadelik geinteresseerd in dié lekker storie. As Wanda se ma boonop sê sy trek in, is die gort gaar...

Episode 85
S1 E85 • 23m • 10-12 PG

Wanda verdwyn sak en pak. Intussen maak Wanda se ma haar tuis in Villa Rosa. Portia neem ook haar intrek by die villa. Fritz kry slegte nuus oor die skatkaart wat Ben ontdek het.

Episode 86
S1 E86 • 23m • 10-12 PG

Ruby is steeds besig om dinge deurmekaar te krap by Villa Rosa, terwyl Charl toenemend bekommerd raak oor Wanda se verdwyning. Wanda daag by Shane op met 'n vreemde versoek.

Episode 87
S1 E87 • 23m • 10-12 PG

Portia is in haar noppies met haar ouma se kuiertjie, en almal behalwe Ruby staan bont om haar besoek spesiaal te maak. Wanda se skandes lê die koerante vol.

Episode 88
S1 E88 • 23m • 10-12 PG

Wanda probeer vir Ruby omkoop om huis toe te gaan, maar Ruby kuier al te lekker. Shane gebruik elke denkbare metode om vir Natasha by sy nuwe skemas te betrek.

Episode 89
S1 E89 • 24m • 10-12 PG

Tot Fritz se frustrasie maak Ruby haarself al hoe meer gemaklik in sy studeerkamer. Jackie is opgewonde as sy hoor dat Delarey by die villa gaan intrek. Charl is desperaat om Wanda te kry.

Episode 90
S1 E90 • 23m • 10-12 PG

Portia is bang dat dit weer spook by Villa Rosa. Blommie stoei met sy skuldgevoelens, maar volgens Shane loop dinge presies volgens plan. Dit is, tot 'n woendende Charl opdaag...

Episode 91
S1 E91 • 23m • 10-12 PG

Ruby gooi nou voltyds haar flikkers vir Fritz - tot sy én Rebecca se groot ontsteltenis. Natasha het haar mes vir Marius in. Dit lyk egter nie of Marius hom meer veel aan haar steur nie.

Episode 92
S1 E92 • 24m • 10-12 PG

Rebecca en Portia is vasberade om van Ruby ontslae te raak. Charl is desperaat om uit te vind waar Wanda is en vra Shane om verskoning met die hoop dat hy hom sal help om haar op te spoor.

Episode 93
S1 E93 • 23m • 10-12 PG

Villa Rosa se inwoners sukkel nog steeds om van Wanda se ma ontslae te raak. Intussen blom die liefde tussen Delarey en Jackie, maar Natasha het beslis ook haar oog op die jong boer.

Episode 94
S1 E94 • 23m • 10-12 PG

Dinge loop verkeerd vir Portia. Charl besluit die enigste manier om oor Wanda se verdwyning te kom, is die bottel. Net as dit lyk of die ewewig in die Villa wil herstel, lui die klokkie...

Episode 95
S1 E95 • 23m • 10-12 PG

Portia is vasbeslote om vir Jackie te wys dat sy beter as hy is. Rebecca vertel vir Fritz dat sy die skatkaart in sy lessenaar se laai omgeruil het. Charl kry slegte én goeie nuus.

Episode 96
S1 E96 • 24m • 10-12 PG

Marius vlieg vir Natasha in omdat sy haar pa by hulle situasie betrek het. Louise en Ben vlieg mekaar in die hare en Ben besluit hy het genoeg gehad van die verwery by Natasha se huis.

Episode 97
S1 E97 • 23m • 10-12 PG

Fritz word al hoe meer geheimsinnig oor sy uitstappies. Louise se familie is geskok deur die onverwagte terugkeer van Rikus. Maar wat van Shane se planne? Kan Marius hom vertrou?

Episode 98
S1 E98 • 23m • 10-12 PG

Wat is Fritz se geheimsinnige uitstappies? Gaan Shane en Marius se vennootskap vlot? En wat lê vir Louise en die baba voor? En die vraag op almal se lippe is: Wat het van Wanda geword?

Episode 99
S1 E99 • 23m • 10-12 PG

Fritz ontdek 'n geesgenoot. Daar is 'n nuwe toevoeging tot Villa Rosa, in die vorm van 'n baba. En terwyl die meegaande konflik hom uitwoed, soek Charl nog volstoom na sy Wanda.

Episode 100
S1 E100 • 23m • 10-12 PG

Charl moet dringend Sun City toe om Wanda by te staan. Intussen beweeg mevrou van der Merwe al nader aan Fritz. Marius se verbintenis met Shane word sterker en Portia beleef 'n koskrisis.

Episode 101
S1 E101 • 23m • 10-12 PG

Portia sien hoe Fritz mevrou Van der Merwe soen en vertel vir Rebecca daarvan, min wetende dat daar 'n nóg groter skok op hulle wag. Charl bring 'n ontredderde Wanda terug huis toe.

Episode 102
S1 E102 • 24m • 10-12 PG

Fritz en Cecilia se verhouding vorder goed, terwyl Ben en Rebecca met hulle eie probleme worstel. 'n Indrukwekkende besoeker daag op, maar as Marius hoor wie dit is, is hy diep geskok.

Episode 103
S1 E103 • 23m • 10-12 PG

Helen, Rikus se tweede vrou, neem die huis op horings as sy haar kind kom soek. Marius kry hy 'n vreemde versoek en maak 'n besluit wat groot reperkussies mag hê.

Episode 104
S1 E104 • 24m • 10-12 PG

Marius verdwyn met Helen en haar baba en Louise probeer vir Jackie wegsteek dat hulle Alisha verloor het. Fritz se tango-les by Jean verloop vlot - tot iemand van die villa op hulle afkom.

Episode 105
S1 E105 • 24m • 10-12 PG

Ben en Rebecca maak steeds planne om van Cecilia ontslae te raak. Intussen rig Fritz 'n skokkende versoek aan Cecilia en dit raak vir haar al makliker om hom om die bos te lei.

Episode 106
S1 E106 • 23m • 10-12 PG

Ben besef hy moet vinnig iets doen om van Mev. van der Merwe ontslae te raak voor sy met Fritz trou. Shane ontbied Wanda na sy kantoor. Ben bring interessante kuiergaste by die Villa aan.

Episode 107
S1 E107 • 23m • 10-12 PG

Fritz is ontsteld en verneder ná mevrou Van der Merwe se ontmaskering en hy haal al sy woede op die arme Ben en Rebecca uit. 'n Ou kennis daag onverwags by Villa Rosa op.

Episode 108
S1 E108 • 23m • 10-12 PG

Na die uitbarsting met Delarey se terugkoms, maak Jackie weer vrede met hom. Delarey hoor egter hierna dat Elsabe terug op die toneel is. Wat is Wanda wraakplan teen Shane en Natasha?

Episode 109
S1 E109 • 23m • 10-12 PG

Wanda is op die oorlogspad. Fritz is ontsteld wannneer Rebecca 'n nuwe bewonderaar kry. Marius se karakter word beproef as Shane vir hom 'n vervalsde matriek-sertifikaat aanbied.

Episode 110
S1 E110 • 23m • 10-12 PG

Fritz soek Villa Rosa se oorspronklike planne, maar wil nie laat deurskemer waarvoor nie. Rebecca kry 'n groot verrassing as prof Theuns opdaag. Fritz begin opnuut na die skat soek.

Episode 111
S1 E111 • 23m • 10-12 PG

Portia word weer bewus van 'n teenwoordigheid in Villa Rosa. Louise se suster Trudie, maak haar opwagting met goeie nuus. Of dalk nie sulke goeie nuus nie...

Episode 112
S1 E112 • 24m • 10-12 PG

Charl en Wanda se plan om 'n strik vir Shane te stel, vorder goed. Prof. Theuns gee vir Fritz nog raad oor waar om na die skat te soek. Ben loop 'n dubbele bloutjie by Natasha.

Episode 113
S1 E113 • 24m • 10-12 PG

Almal probeer Portia oorreed om haar bedanking terug te trek, maar sy weier om langer vir Ben te werk. Wanda en Charl probeer 'n transaksie met ongeslypte diamante met Shane beklink.

Episode 114
S1 E114 • 23m • 10-12 PG

'n Ou kennis van Jean daag by Cassoulet op. Charl en Wanda het onderduimse planne. Dit gaan maar broekskeur in die Villa sonder Portia en Prof Theuns kry 'n groot skok.

Episode 115
S1 E115 • 23m • 10-12 PG

Wanda is vies dat Charl haar nie wil toelaat om by te wees met die diamantonderhandelinge nie. Jackie kry 'n bekende besoeker. Wanda soek skoor met Jackie en kom lelik tweede.

Episode 116
S1 E116 • 24m • 10-12 PG

Fritz en Marius besluit om die groot kanonne uit te haal in hulle soektog na die skat. Wanda en Charl se planne vorder goed, maar sien Shane deur hulle?

Episode 117
S1 E117 • 23m • 10-12 PG

Marius en Fritz bewimpel planne om die skat op te spoor en Elsabe daag weer op. Maar kan mens haar vertrou? 'n Ou vriend maak weer sy opwagting. Of is hy 'n vyand?

Episode 118
S1 E118 • 24m • 10-12 PG

Almal is in rep en roer oor die Rosebal, veral diegene wat nog nie metgeselle het nie! Marius ontdek per ongeluk 'n leidraad omtrent die skat en 'n baie spesiale gas kom by die Villa aan...

Episode 119
S1 E119 • 24m • 10-12 PG

Almal val oor hul voete om 'n tydjie saam met Mimi Coertse deur te bring. 'n Hele paar mense soek nog metgeselle vir die Rosebal. Daar klop sowaar nóg 'n bekende aan Villa Rosa se deur.

Episode 120
S1 E120 • 24m • 10-12 PG

Charl is oortuig dat hy Shane presies het waar hy hom wil hê, maar Wanda is nie so seker nie. Ben vra vir Mimi Coertse 'n spesiale guns en Jackie wil 'n onderhoud met Jannie Moolman doen.

Episode 121
S1 E121 • 24m • 10-12 PG

Daar is probleme met Villa Rosa se finansies. Elsabé en Delarey het 'n onderonsie. Jannie Moolman kuier steeds by Villa Rosa en 'n meisie maak onverwags haar opwagting in Marius se lewe.

Episode 122
S1 E122 • 23m • 10-12 PG

As Portia hoor dat Blommie haar geheime bewonderaar is, is sy sprakeloos. Fritz en Marius probeer hulle bes om die onsigbare ink sigbaar te kry. Die vraag is: Gaan hulle sukses behaal?

Episode 123
S1 E123 • 23m • 10-12 PG

Wanda sukkel om Charl te vertrou. Shane vind hom ook verdag en stel Blommie aan om Charl te agtervolg. Die liefde blom in Bloemfontein en spanning rondom die ontwikkeling bou op.

Episode 124
S1 E124 • 23m • 10-12 PG

Marius en Meisie spandeer al hoe meer tyd saam. Ben vind uit van Fritz se probleme in die kelder en dit lyk of pa en seun se struwelinge tot geweld gaan oorloop...

Episode 125
S1 E125 • 24m • 10-12 PG

Ben en Fritz is steeds aan die baklei. Buddy loop 'n bloutjie met Portia. Terwyl Charl dink alles verloop vlot, kom Wanda skielik met 'n skokkende onthulling vorendag.

Episode 126
S1 E126 • 23m • 10-12 PG

Charl gaan voort met sy plan om diamante aan Shane te verkoop. Marius konfronteer Shane oor die pakkie wat hy by die bal by Charl gekry het. Trudie lap haar suster se planne uit.

Episode 127
S1 E127 • 24m • 10-12 PG

Ben, Fritz en Louise maak desperaat planne om die ontwikkeling in Villa Rosa se buurt te keer. Jean skraap moed bymekaar om Portia weer uit te vra. Fritz bel 'n ou vriend vir regsadvies.

Episode 128
S1 E128 • 24m • 10-12 PG

Charl vis by Marius uit oor Shane se sake, maar Shane is gans té uitgeslape om hom te laat vang. Portia kry 'n groot skok en Wanda kom met 'n nuwe slenter vorendag.

Episode 129
S1 E129 • 23m • 10-12 PG

Fritz en Portia se ma kom goed oor die weg, ten spyte van die ontwikkelaars se stootskrapers wat almal mal maak. Marius se mentor, Shane Rix, se ware kleure kom na vore...

Episode 130
S1 E130 • 23m • 10-12 PG

Portia se ouma se skielike dood is vir almal in die Villa 'n groot skok. Fritz en Louise moet in die hof verskyn. 'n Onverwagte besoeker bring vir Charl ontstellende nuus.

Episode 131
S1 E131 • 24m • 10-12 PG

Lindie trek in Villa Rosa in, angsbevange dat haar pa haar leed sal aandoen. Jean kry die skok van sy lewe, en as Shane sy kantoor toesluit vir die dag, kry hy 'n nare verrassing.

Episode 132
S1 E132 • 23m • 10-12 PG

Shane beskuldig Charl daarvan dat hy hom aangerand en besteel het. Delarey het drama op die plaas en Wanda gee vir Lindie haar R50 000, dié keer in egte note.

Episode 133
S1 E133 • 24m • 10-12 PG

Charl probeer by Wanda uitvind hoekom sy vir Lindie geld gegee het. Shane kry meer as waarop hy gereken het wanneer hy Trudie vir ete uitneem.

Episode 134
S1 E134 • 24m • 10-12 PG

Daar is weer geld weg by Cassoulet. Fritz pak die skatsoekery met nuwe ywer aan. Gert Kotzé lê aan by Rebecca. As Meisie se baas by Villa Rosa kom draai, kry Marius die skok van sy lewe.

Episode 135
S1 E135 • 23m • 10-12 PG

As Fritz en Portia die boekrakke skoonmaak, maak Portia 'n interessante ontdekking. Rebecca is opgewonde oor haar afspraak met Gert Kotzé en Irene besef haar huwelik is finaal op die rotse.

Episode 136
S1 E136 • 23m • 10-12 PG

Marius is lelik in die knyp. Fritz is vol moed dat die tiekie wat hy en Portia onder sy mat ontdek het 'n fortuin werd is en die einde van al Villa Rosa se finansiële probleme kan beteken.

Episode 137
S1 E137 • 23m • 10-12 PG

Ben beplan drastiese stappe om Villa Rosa uit finansiële verknorsing te red. Elsabe soek witvoetjie by Jackie en Portia is hulpeloos teen Irene se besluit om 'n huurkontrak te teken.

Episode 138
S1 E138 • 23m • 10-12 PG

Die aandeelhouers skarrel rond maar vind 'n manier om Villa Rosa se finansies te skuif om almal te pas. Wat hulle nie verwag nie, is die nuus oor die kind van Louise se eks-man.

Episode 139
S1 E139 • 24m • 10-12 PG

Charl vergryp hom aan die bottel om oor Wanda te probeer kom. Irene trek in haar woonstel in en Portia kan net magteloos toekyk.

Episode 140
S1 E140 • 24m • 10-12 PG

Marius vervies hom vir Natasha en weier om weer vir haar te werk. Jackie loop wye draaie om Delarey se pa. Jackie het 'n vreemde voorgevoel dat daar iets vreeslik gaan gebeur...

Episode 141
S1 E141 • 23m • 10-12 PG

Ben se angs oor Villa Rosa se voortbestaan dryf hom om radikale besluite te neem. Die villa se inwoners vind dat hulle nie voorbereid is vir die katastrofes wat hulle kant toe kom nie.

Episode 142
S1 E142 • 23m • 10-12 PG

Ben kry weer nuwe moed vir sy gastehuis. Lindie daag by Villa Rosa op en is geskok om te hoor Wanda is land-uit. Sy besluit om met Shane te gaan kennis maak.

Episode 143
S1 E143 • 23m • 10-12 PG

Trudie is vasberade om Villa Rosa-aandele te bekom en Lindie wil niks weet van diamant-handel met Charl nie. As Natasha agterdogtig raak, raak Shane bekommerd.

Episode 144
S1 E144 • 23m • 10-12 PG

Natasha staan op teen haar pa. Die huismense oorreed Marius om polisie toe te gaan oor Shane se geweldadige uitbarsting. Rebecca en Charl begin teen Shane te konkel.

Episode 145
S1 E145 • 23m • 10-12 PG

As nuus breek dat Shane in hegtenis geneem is wil Marius op vlug slaan. Rebecca gee vir Charl 'n leidraad oor Shane se verlede en almal betrokke by die diamantsmokkelary raak bekommerd.

Episode 146
S1 E146 • 23m • 10-12 PG

Marius wil Holland toe uit vrees dat Shane gaan wraak soek. Jackie is al weer kwaad vir Delarey en tot almal se misnoeë, gaan Louise en Charl uit op 'n afspraak.

Episode 147
S1 E147 • 24m • 10-12 PG

Blommie daag by Villa Rosa op en sê Shane wil Marius dringend sien. Rebecca wil weet of Charl al werk gemaak het van die koerantknipsel wat sy vir hom gegee het om Shane mee te treiter.

Episode 148
S1 E148 • 23m • 10-12 PG

Fritz en Marius is alweer besig om planne te smee. Ben sukkel steeds om beleggers te kry en as Charl vir Shane konfronteer, trek Shane vir die eerste keer aan die kortste end.

Episode 149
S1 E149 • 23m • 10-12 PG

'n Vriendelike vreemdeling daag by Villa Rosa op en bied tot almal se verbasing aan om die Retiefs te help om die ontwikkelaar wat hul buurt wil ontsier, die stryd aan te sê.

Episode 150
S1 E150 • 23m • 10-12 PG

Gaan Shane uiteindelik sy rieme styfloop? Hoe gaan Natasha en haar pa oor die weg kom as sy wel saam met hom in besigheid ingaan, en wat is Rebecca se sending?

Episode 151
S1 E151 • 23m • 10-12 PG

Jannie Moolman kuier by Villa Rosa. Fritz is bekommerd dat Charl sy dividende van die diamantboot gaan uitmors. Dewald maak hom tuis en maak soveel informasie bymekaar as wat hy kan.

Episode 152
S1 E152 • 23m • 10-12 PG

Die Kerstyd laat Charl opnuut na Wanda verlang. Natasha daag by Villa Rosa op, en sy en Ben sit lelik vas. Jannie Moolman weier steeds om te sê wie sy geheime gas is.

Episode 153
S1 E153 • 22m • 10-12 PG

Dis Villa Rosa se tweede Kersfees en die keer is almal daar, behalwe Rebecca, op haar geheimsinnige vakansie. Jannie Moolman se geheime eregas maak sy opwagting.

Episode 154
S1 E154 • 23m • 10-12 PG

Dis vir die inwoners 'n opdraande stryd om by die diensrooster te hou tydens Rebecca se afwesigheid. Charl soek 'n egskeiding, en Ben kom vorendag met skokkende nuus.

Episode 155
S1 E155 • 23m • 10-12 PG

Ben wil hê almal in Villa Rosa moet 'n leuenverklikkertoets aflê om uit te vind wie die Kersete se kontant gevat het, en dan laat Fritz 'n bom val.

Episode 156
S1 E156 • 23m • 10-12 PG

Fritz ontmoet die manne van Beeskraal en begin onraad vermoed, want hulle lyk en praat darem effens vreemd vir 'n Boere-orkes...

Episode 157
S1 E157 • 23m • 10-12 PG

Rebecca is terug en nie almal glo haar verduideliking oor haar verdwyning nie. Intussen word Marius en Fritz se vriendskap op die proef gestel.

Episode 158
S1 E158 • 24m • 10-12 PG

Die Villa is op hol oor die kamtige spokery en die huismense probeer uitvind wie verantwoordelik is. Rebecca neem Charl in haar vertroue en vertel hom meer van haar verlede.

Episode 159
S1 E159 • 23m • 10-12 PG

Jackie en Delarey se verhouding wil net nie vlot nie en sy begin paranoïes raak. Marius besluit hy wil 'n kok word en Charl kom vorendag met 'n skokkende erkenning...

Episode 160
S1 E160 • 23m • 10-12 PG

Jackie probeer desperaat om Delarey se belangstelling te behou. Rebecca vind Fritz se geheime brief en glip uit in die nag.

Episode 161
S1 E161 • 23m • 10-12 PG

Ben merk op dat Rebecca weg is en die huismense word benoud wanneer niemand haar kan opspoor nie. Intussen kry Shane 'n geheimsinnige boodskap oor sy verlede...

Episode 162
S1 E162 • 24m • 10-12 PG

Niemand kan Rebecca opspoor nie. In die soektog na haar kom 'n paar eienaardige feite omtrent Rebecca op die lappe. Shane se probleme hoop ook op en hy probeer troos vind in 'n bottel.

Episode 163
S1 E163 • 24m • 10-12 PG

Ben wag in spanning om uit te vind of Trudie van sy aandele gaan koop. Portia en Jean se verhouding word al hoe sterker terwyl Jackie se probleme met Delarey net groter word.

Episode 164
S1 E164 • 23m • 10-12 PG

Ben kry ook musiekkoors en wil musiekaande by die Villa hou. Jackie en Delarey dryf verder uit mekaar en Natasha is natuurlik gretig om hulle besigheidsverhouding meer persoonlik te maak.

Episode 165
S1 E165 • 24m • 10-12 PG

Almal is bedruk oor Rebecca se verdwyning maar Charl glo vas sy is op haar eie missie. Maar dan kry die huismense slegte nuus...

Episode 166
S1 E166 • 23m • 10-12 PG

Delarey breek Jackie se hart. Shane probeer uitvind wat al die geheime boodskappe beteken en wanneer Rebecca weer verskyn, dink Portia dit spook en Ben wonder of hy haar storie kan glo.

Episode 167
S1 E167 • 23m • 10-12 PG

Shane stuur Blommie om vir Lindie op te spoor in die hoop dat sy hom sal kan help en Natasha is verheug wanneer Delarey vir haar vertel dat sy verhouding met Jackie verby is.

Episode 168
S1 E168 • 23m • 10-12 PG

Portia begin koue voete kry. Shane kry 'n onverwagte besoeker op kantoor en dinge gaan al hoe beter tussen Natasha en Delarey, totdat hy 'n oproep van Elsabé ontvang.

Episode 169
S1 E169 • 23m • 10-12 PG

Shane is nie gelukkig oor hoe dinge verloop tussen Natasha en Delarey nie. Trudie kom uiteindelik tot 'n besluit oor Ben se aandele en dié kry nuus wat hom vir 'n slag in 'n goeie bui sit.

Episode 170
S1 E170 • 23m • 10-12 PG

Natasha kom in opstand teen haar pa. Rebecca betrek Charl nog verder met haar plan om Shane aan die pen te laat ry. Jackie kry 'n kans om haar loopbaan by die koerant te bevorder.

Episode 171
S1 E171 • 23m • 10-12 PG

Jackie is in 'n toestand nadat sy vir Delarey en Natasha saam betrap het. Portia se ma sien iets wat haar skok. Natasha vind uit van Rebecca se onlangse verdwyning.

Episode 172
S1 E172 • 23m • 10-12 PG

Rebecca kry 'n nuwe vennoot in haar stryd teen Shane. Die Villa gaan 'n Valentynspartytjie hou, maar nie almal is ewe gretig oor die idee nie.

Episode 173
S1 E173 • 23m • 10-12 PG

Ben kondig aan wie die nuwe vennoot is, wat konsternasie onder die aandeelhouers veroorsaak. Shane is besig met duistere dinge. Gaan die konflik tussen Marius en Delarey tot 'n punt kom?

Episode 174
S1 E174 • 23m • 10-12 PG

Valentynsdag kom nader en beide opwinding én spanning begin opbou in die Villa. Dis nie maanskyn en rose vir almal nie: Charl word gedruk om 'n besluit te neem oor sy huwelik met Wanda.

Episode 175
S1 E175 • 23m • 10-12 PG

Daar is verrassings en teleurstellings op Valentynsdag. By Villa Rosa is daar groot opwinding maar onwelkome gaste veroorsaak 'n paar skandes.

Episode 176
S1 E176 • 23m • 10-12 PG

Rebecca se wraakplan teen Shane tel stoom op wanneer sy 'n nuwe vriendskap aanknoop. Ben kry onverwagte nuus oor die nuwe aandeelhouer. Blommie neem 'n drastiese stap.

Episode 177
S1 E177 • 23m • 10-12 PG

Rebecca geniet dit om Fritz om die bos te lei. Ben kry nuwe bewondering vir Louise en Shane verdwyn spoorloos.

Episode 178
S1 E178 • 23m • 10-12 PG

Louise besluit om Shane te konfronteer oor die ontwikkeling, maar hy is steeds nêrens te vinde nie. Intussen doen Shane sy bes om Blommie te manipuleer. Gaan Blommie sy stories glo?

Episode 179
S1 E179 • 24m • 10-12 PG

Shane probeer ontsnap. Louise kom agter als is nie pluis met Jackie nie. Fritz wil Rebecca se verlede ondersoek en sy wil hê Blommie moet volhard met sy plan. Wat gaan hy met Shane doen?

Episode 180
S1 E180 • 23m • 10-12 PG

Fritz probeer vir Marius betrek om op Rebecca te spioeneer. Charl kry nuus oor die vordering van sy skeisaak en die Villa se mense kry 'n verrassende uitnodiging.

Episode 181
S1 E181 • 23m • 10-12 PG

Vir eens is daar goeie nuus vir Ben en Louise oor die Villa se finansies. Shane is nou los en wil hom op Blommie wreek...

Episode 182
S1 E182 • 23m • 10-12 PG

Rebecca raak angstig om haar planne teen Shane in aksie te sit en Natasha probeer steeds vir Blommie teen haar pa beskerm. Fritz se skatsoekery dryf Marius teen die mure uit.

Episode 183
S1 E183 • 23m • 10-12 PG

Natasha probeer haar bes om Shane sover te kry om Blommie te vergewe. Jackie sien nie kans om met terapie voort te gaan nie en Louise moet bontstaan om haar weer op koers te kry.

Episode 184
S1 E184 • 23m • 10-12 PG

Natasha probeer haar bes om Shane sover te kry om Blommie te vergewe. Jackie sien nie kans om met terapie voort te gaan nie en Louise moet bontstaan om haar weer op koers te kry.

Episode 185
S1 E185 • 23m • 10-12 PG

Shane se probleme raak nog groter en Rebecca vertel vir Charl van sy geheim...

Episode 186
S1 E186 • 23m • 10-12 PG

Jackie se terapeut druk haar om te praat oor iets wat sy nog nie gereed is om aan te raak nie. Jean maak 'n voorstel vir Portia wat ernstige gevolge vir almal in die Villa kan hê.

Episode 187
S1 E187 • 23m • 10-12 PG

Louise raak al hoe meer bekommerd dat Jackie terug sal gaan na Delarey. Intussen vermoed Marius dat Jackie se gevoelens vir haar terapeut meer as professioneel word.

Episode 188
S1 E188 • 24m • 10-12 PG

Marius kry die geleentheid om 'n nuwe talent te ontdek en Rebecca kry informasie wat haar wraak-plan teen Shane 'n hupstoot gee.

Episode 189
S1 E189 • 23m • 10-12 PG

Blommie veroorsaak konsternasie wanneer hy in die Villa wakker word en sit Ben aan die wonder oor sy verbintenis met Charl. Nog 'n onwelkome besoeker daag by die Villa op.

Episode 190
S1 E190 • 23m • 10-12 PG

Ruby is terug by die gastehuis! Rebecca besef haar tyd vir wraak teen Shane raak min want hy begin snuf in die neus kry oor wie sy werklik is...

Episode 191
S1 E191 • 24m • 10-12 PG

Shane doen alles in sy vermoë om die waarheid omtrent Rebecca uit te vind en Marius begin sy nuwe kursus. Dit wil lyk of hy oor meer as die curriculum opgewonde gaan wees...

Episode 192
S1 E192 • 23m • 10-12 PG

Louise kan nie langer die spanning tussen haar en Ben verduur nie. Dinge begin ook baie gevaarlik lyk vir Rebecca wanneer Shane besluit om by die Villa te kom aanklop.

Episode 193
S1 E193 • 23m • 10-12 PG

'n Onwelkome gas keer terug na die Villa. Charl tel splinternuwe moeilikheid op. Vir Shane lyk die toekoms ook maar bleek: Dit wil lyk of sy finansiële probleme al sy planne gaan kelder.

Episode 194
S1 E194 • 23m • 10-12 PG

In Bloemfontein is daar 'n gastehuis waar die mure ore het en waar daar daagliks drama, intriges en ook baie komedie afspeel.

Episode 195
S1 E195 • 24m • 10-12 PG

Rebecca besluit dis tyd dat Natasha die waarheid uitvind en dit wil lyk of al haar beplannig tot 'n punt gaan kom, maar wat gaan Shane doen?

Show MoreNext Season
  • Saskia soek bewyse dat haar suster nog lewe, en Liam maak vinnig 'n slinkse plan. Chubby probeer Celine aan sy kant kry en Eben vra haar om die aand saam met hom uit te gaan. Lida vertel vir Fritz wat sy in die werkskamer aanmekaar slaan.
  • Seasons6

Bundle it: Entertainment + Premier League

Get the best of both. Watch hit series, movies, African Originals and more plus stream Premier League matches live on mobile.

ONLY
Ksh 1000