Villa Rosa

Villa Rosa

Saskia soek bewyse dat haar suster nog lewe, en Liam maak vinnig 'n slinkse plan. Chubby probeer Celine aan sy kant kry en Eben vra haar om die aand saam met hom uit te gaan. Lida vertel vir Fritz wat sy in die werkskamer aanmekaar slaan.
Lieb Bester, Therese Benade, Chantell Stander

Watch Full Episodes of Villa Rosa

Episode 613
S4 E613 • 24m • 10-12 PG

Dit val vir Jackie by dat sy vir Koos van der Merwe ingeboek het, en dat hy die loper gebruik het. Daar is chaos as nog 'n gemaskerde man sy verskyning in die villa maak!

Episode 614
S4 E614 • 24m • 10-12 PG

Die atmosfeer in die Villa is gespanne na Roberto se ontvoering. Jackie se groot bewonderaar kom vir haar kuier, min wetend dat sy al klaar troos in iemand anders se arms gevind het.

Episode 615
S4 E615 • 25m • 10-12 PG

Die gebeure rondom Roberto se ontvoering rus swaar op almal se gemoed. Isabel en Visser gaan sien vir Shane. Jackie is verlig as Jean net betyds opdaag vir haar afspraak by die berader.

Episode 616
S4 E616 • 24m • 10-12 PG

Die afperser bel en soek R6 miljoen. Isabel vrees vir Roberto se veiligheid en vertel vir Ben en Carlo van die vervalste geld.

Episode 617
S4 E617 • 24m • 10-12 PG

Jackie is in die sewende hemel. Marius se hofsaak hang soos 'n swaard oor sy kop, en Ben se wantroue in Visser groei.

Episode 618
S4 E618 • 24m • 10-12 PG

Die spanning in die villa loop hoog met die eienaardige Superintendent Visser wat die ondersoek na die aanval en ontvoering lei. 'n Koerantberig plaas die villa in 'n slegte lig.

Episode 619
S4 E619 • 24m • 10-12 PG

Visser is tevrede dat hulle, hulle eerste deurbraak gemaak het, maar Isabel bly bekommerd. Jean ontstel vir Jackie, en Astrid en Shane het geheime agendas.

Episode 620
S4 E620 • 24m • 10-12 PG

'n Pakkie word afgelewer wat goeie en slegte nuus oor Roberto bevat. Isabel kan nêrens die geld geleen kry nie, en daar is nou net een uitweg.

Episode 621
S4 E621 • 24m • 10-12 PG

Astrid en Charl sit vas, en Ben en Isabel het 'n hewige uitval. Maar die groot vraag op almal se lippe is: Waar is Roberto, en sal hulle hom lewend terugkry?

Episode 622
S4 E622 • 24m • 10-12 PG

Isabel weier om Shane se aanbod te aanvaar en kan dus nie die geld op die afgespreekte tyd aan die afperser lewer nie...

Episode 623
S4 E623 • 24m • 10-12 PG

Fritz begin vertroue in Superintendent Visser kry, en Jean daag uit die bloute op. Isabel neem 'n onverwagse stap.

Episode 624
S4 E624 • 24m • 10-12 PG

Charl oortuig vir Adèle om die aand oor te slaap. Astrid besef sy sal met haar plan om vir Ben te vang, moet voortgaan, en Jean wen Jackie se hart terug.

Episode 625
S4 E625 • 23m • 10-12 PG

Astrid probeer om elke hoek en draai sout in Ben se wonde vryf. Jackie dans gefrustreerd na Jean se pype, maar glo steeds hy is haar droomheld.

Episode 626
S4 E626 • 23m • 10-12 PG

Jackie begin aan 'n trourok dink, en Ben en Isabel se verskille is onversoenbaar. Shane werk teen tyd om die R6 miljoen bymekaar te kry. Maar dan gebeur die onverwagse...

Episode 627
S4 E627 • 24m • 10-12 PG

Ben en Isabel se verhouding verstyf verder terwyl Astrid geduldig toekyk. Visser wag vir Frankie om 'n fout te maak, en Roberto het een laaste wens.

Episode 628
S4 E628 • 24m • 10-12 PG

Visser en 'n polisie taakmag is oppad om Roberto te red. Sal hulle betyds wees, of gaan Frankie met die seun ontsnap en hom gevange hou tot hy mondig word sodat hy dan sy erfgeld kan kry?

Episode 629
S4 E629 • 25m • 10-12 PG

Roberto is terug, maar Isabel se probleme is nog lank nie verby nie. Hein en Marius se geduld met Jean Jordaan raak op. Astrid strooi haar gif sover sy gaan.

Episode 630
S4 E630 • 25m • 10-12 PG

Shane gooi sy vangnet weer uit vir Isabel, en Astrid katrol Ben verder in. 'n Vrou met ¿ snaakse naam word by die villa verwag, en ¿ ryk Vrystaatse boer boek in. Astrid ontdek 'n geheim.

Episode 631
S4 E631 • 24m • 10-12 PG

Charl probeer meer oor Astrid uitvis, en ons ontmoet vir Hennerik Boshof. Die manne is gefassineer deur sy planne, maar "Vaselinetjie" se aankoms laat almal sprakeloos! 

Episode 632
S4 E632 • 24m • 10-12 PG

Isabel begin weer werk, terwyl Carlo stokkiesdraai en Roberto weier om met enigiemand te kommunikeer. Operasie Russiese Bruid ruk behoorlik handuit.

Episode 633
S4 E633 • 24m • 10-12 PG

Roberto gee vir Isabel skokkende nuus. Daar is 'n reuse misverstand tussen Hendrik en Olga en Astrid slaan met mening op Ben toe.   

Episode 634
S4 E634 • 24m • 10-12 PG

Hein wonder of Olga nie die antwoord op al sy liefdesprobleme is nie. Charl probeer steeds tevergeefs om Fritz en Ben teen Astrid te waarsku.

Episode 635
S4 E635 • 23m • 10-12 PG

Sal Ben en Isabel ooit weer vrede kan maak of gaan Astrid daarin slaag om dié twee finaal uitmekaar te dryf? Is daar vonke tussen Adèle en Marius? 'n Besoeker bring ontstellende nuus.

Episode 636
S4 E636 • 23m • 10-12 PG

Roberto vertel die ware verhaal oor sy pa se dood, en Isabel dwing die seuns om 'n terapeut te gaan sien. Intussen moedig Shane vir Astrid aan om haar kloue verder in Ben in te slaan..

Episode 637
S4 E637 • 24m • 10-12 PG

Charl begin vir Olga geskenke aandra. Astrid teiken steeds vir Ben. Carlo rebelleer, en Marius en kie gaan namens Fritz voort met die Internet-ontmoetings.

Episode 638
S4 E638 • 23m • 10-12 PG

Roberto begin by Shane werk. Charl en Olga verstaan mekaar al beter om nie van Marius en Adèle te praat nie. Astrid besluit die dag het aangebreek om Ben weer te laat lag.

Episode 639
S4 E639 • 22m • 10-12 PG

Terwyl Olga afskeid neem, lyk dit asof die villa 'n rotplaag in die gesig staar. Dokter D, die rotspesialis van Sonder-Rot-Genot, maak sy verskyning in 'n ou bekende gedaante.

Episode 640
S4 E640 • 24m • 10-12 PG

Almal is verbaas dat Daniël die rottevanger is. Hein verklaar oorlog teen Daniël. Charl neem hartseer van Olga afskeid, en Jackie word in 'n ongemaklike posisie geplaas.

Episode 641
S4 E641 • 24m • 10-12 PG

Wanneer Jean vir Jackie in Daniël se arms betrap, is daar oorlog. Marius en Adèle hou piekniek in BAKgat en ontdek dat 'n boemelaar ingetrek het.

Episode 642
S4 E642 • 24m • 10-12 PG

Daniël se droom om naby Jackie te wees kom tot 'n einde. Isabel slaag weer nie daarin om haar aandag gelyk tussen die seuns te verdeel nie. Marius sit met bakoondprobleme.

Episode 643
S4 E643 • 24m • 10-12 PG

Daniël soek oral na Jimmy, sy troetelrot, en probeer sy bes om die plaagbestryders se pogings omver te gooi. Ben en Astrid se verhouding groei, hoewel nie sonder agterdog nie.

Episode 644
S4 E644 • 24m • 10-12 PG

Almal probeer die skok van Natasha se terugkeer verwerk, maar erger nog, haar huwelik met iemand wat ons al ontmoet het. Adèle wonder of Marius nog vir Lindie lief is.

Episode 645
S4 E645 • 24m • 10-12 PG

Saskia soek bewyse dat haar suster nog lewe, en Liam maak vinnig 'n slinkse plan. Chubby probeer Celine aan sy kant kry en Eben vra haar om die aand saam met hom uit te gaan. Lida vertel vir Fritz wat sy in die werkskamer aanmekaar slaan.

Episode 646
S4 E646 • 24m • 10-12 PG

Carlo se bravade stort in duie. Carlo belowe om sy skuld terug te betaal aan Fritz, wat hoop dat dit op 'n nuwe begin vir Carlo dui. Jean vervies hom vir Jackie.

Episode 647
S4 E647 • 23m • 10-12 PG

Shane daag op vir 'n ontbyt saam met Natasha, en Fritz raak al meer benoud oor sy vergeetagtigheid. Chris ontmoet vir Astrid, en 'n onverwagte gas daag by die villa op.

Episode 648
S4 E648 • 24m • 10-12 PG

Tannie Bettie Kilian maak haar opwagting by die villa, en Charl en Hein moet bontstaan om te verhoed dat haar en Fritz se paadjies kruis.

Episode 649
S4 E649 • 24m • 10-12 PG

Jean gee vir Jackie goeie nuus. Astrid slaan haar kloue met mening in Ben in. Hoe lank sal die jongklomp vir Fritz en Bettie uitmekaar kan hou?

Episode 650
S4 E650 • 25m • 10-12 PG

Fritz en Bettie ontmoet. Jackie se verlowingspartytjie is 'n verrassing, maar nie die soort wat sy te wagte was nie.

Episode 651
S4 E651 • 25m • 10-12 PG

Jean en Jackie vertrek Kaap toe vir die verlowingspartytjie, en laat die ongelukkige Villa Rosers agter. Isabel vat die seuns vas, en Astrid kom met 'n skokkende ontboeseming vorendag!

Episode 652
S4 E652 • 25m • 10-12 PG

Bettie en Fritz probeer hul nuutgevonde vriendskap vir die jongklomp wegsteek terwyl Jackie met 'n baie lang gesig van haar verlowingspartytjie af terugkom.

Episode 653
S4 E653 • 24m • 10-12 PG

Isabel en Charl bly agterdogtig oor Astrid se motiewe. Fritz dring aan dat Ben met Astrid moet trou om nie die Retief-naam in die skande te steek nie.

Episode 654
S4 E654 • 24m • 10-12 PG

Isabel vind uit wat Astrid se motivering vir haar verhouding met Ben is. Isabel probeer tevergeefs om Fritz te oortuig dat Astrid 'n bedrieër is, en Ben neem 'n baie belangrike besluit.

Episode 655
S4 E655 • 24m • 10-12 PG

Saskia soek bewyse dat haar suster nog lewe, en Liam maak vinnig 'n slinkse plan. Chubby probeer Celine aan sy kant kry en Eben vra haar om die aand saam met hom uit te gaan. Lida vertel vir Fritz wat sy in die werkskamer aanmekaar slaan.

Episode 656
S4 E656 • 23m • 10-12 PG

Isabel betrap vir Astrid en Shane in 'n omhelsing. Sussie kan nie verstaan hoekom Hein van haar af wegvlug nie, en Marius en Adèle se verhouding neem 'n interessante wending.

Episode 657
S4 E657 • 24m • 10-12 PG

Marius wens hy het Adèle nooit gesoen nie, en Hein kan skielik nie genoeg van Sussie kry nie. Astrid en Ben besluit op 'n troudatum. Roberto is gereed om groter dinge aan te pak.

Episode 658
S4 E658 • 24m • 10-12 PG

Charl is bekommerd omdat hy nie meer Namibië toe kan gaan om Astrid se verlede oop te krap nie en dan kry hy 'n onaangename besoeker.

Episode 659
S4 E659 • 23m • 10-12 PG

Fritz gryp in as 'n vreemde man vir Charl te lyf gaan. Astrid begin haar gewig in die villa rondgooi. Carlo wil met vakansie gaan, en Charl kry die skok van sy lewe!

Episode 660
S4 E660 • 23m • 10-12 PG

Charl se onverwagte en onverdiende arrestasie het almal aan die gis, en Fritz is diep bekommerd. Ansie kom by die villa aan om die reëlings vir Astrid en Ben se onthaal te finaliseer.

Episode 661
S4 E661 • 23m • 10-12 PG

Charl maak steeds ammunisie teen Astrid bymekaar terwyl sy vir Fritz en Ben om haar pinkie draai. Marius en Adèle se uitlokspeletjie mag dalk net noodlottige gevolge hê!

Episode 662
S4 E662 • 24m • 10-12 PG

Astrid en Shane konkel voort, terwyl Charl besluit om sy plan van aksie aan te pas. Anthony sit hand by om 'n oorspronklike Afrikaanse spyskaart vir BAKgat saam te stel.

Episode 663
S4 E663 • 25m • 10-12 PG

Ansie probeer die geslag van Astrid se baba bepaal met katastrofiese gevolge. Jackie en Jean het 'n woordewisseling. Shane en Astrid is oorgehaal om Ben in hul web te vang.

Episode 664
S4 E664 • 23m • 10-12 PG

Astrid speel haar kaarte reg, en wurm haar pad al verder in die villa in. Jackie is vies oor daar besluite sonder al die aandeelhouers se goedkeuring geneem word.

Episode 665
S4 E665 • 23m • 10-12 PG

Dit is die dag voor Ben en Astrid se troue, maar Charl probeer steeds bewyse kry om Astrid te ontmasker. Die Martinelli's trek by die villa uit, en Ben vind dit moeilik om Isabel te groet.

Episode 666
S4 E666 • 23m • 10-12 PG

'n Verstopte wasbak, 'n pap motorband, 'n duistere foonoproep, 'n oorvol kombuis, 'n suur vlieënier, 'n gefrustreerde gasvrou, 'n uniform wat soek is, en 'n bruid wat... betyds is!

Episode 667
S4 E667 • 25m • 10-12 PG

Terwyl almal wag vir Ben en Astrid om hulle verskyning te maak, bring Fritz skokkende nuus. Charl het sy bewyse teen Astrid gereed, maar sal hy vir Fritz die waarheid kan vertel?

Episode 668
S4 E668 • 23m • 10-12 PG

Die Martinelli-broers sit vas oor Petro, maar sy maak nie 'n geheim van wie sy verkies nie. Isabel skop nes. Fritz wag ongeduldig dat die wittebroodspaartjie huistoe kom.

Episode 669
S4 E669 • 23m • 10-12 PG

Ben kom, sonder sy bruid, pootuit tuis na 'n rampspoedige wittebrood. Charl probeer tevergeefs vir Ben, wat onkant betrap word met 'n skokkende e-pos uit Zanzibar, vaskeer vir 'n gesprek.

Episode 670
S4 E670 • 24m • 10-12 PG

Dis uiteindelik BAKgat se openingsaand maar onvoorsiene omstandighede bring probleme. Ansie kom tot die redding, en die spyskaart is 'n treffer. As Snotkop opdaag, begin BAKgat kook!

Episode 671
S4 E671 • 22m • 10-12 PG

Jackie probeer Jean ontwyk, terwyl Marius vir Adele wegkruip. Ben konfronteer Roberto oor die kontrakte wat omgeruil is en waarsku hom oor sy verbintenis met Shane. Nuwe gaste daag op.

Episode 672
S4 E672 • 25m • 10-12 PG

Astrid keer terug van Zanzibar af en Ben keer haar wêreld om. Charl smeek sy broer om tot insig te kom, maar Ben staan onwrikbaar.

Episode 673
S4 E673 • 24m • 10-12 PG

Astrid is woedend dat Shane vir Ben slaapkamerfoto's van hulle gestuur het. Sussie en Hein neem moeilik afskeid van mekaar. Ben vertel vir Astrid hoe hulle huwelik van nou af gaan verloop.

Episode 674
S4 E674 • 22m • 10-12 PG

Shane bring skokkende nuus vir Isabel. Marius en Hein besef dat Jean besig is om sy eie graf te grawe, en Ben speel 'n onverklaarbare spel met Shane en Astrid.

Episode 675
S4 E675 • 24m • 10-12 PG

Celeste en Anthony leer mekaar beter ken. Celine gaan kuier by Shane in sy kantoor. Astrid verseg om ginekoloog toe te gaan, maar Ben hou voet by stuk en sy word gedwing om saam te speel.

Episode 676
S4 E676 • 22m • 10-12 PG

Charl probeer opnuut vir Astrid in 'n hoek dryf. Celeste en Celine vertrek terug Kaap toe, maar dit lyk nie of dit die laaste sien is van hulle nie. Jackie raak keelvol vir Jean.

Episode 677
S4 E677 • 24m • 10-12 PG

Astrid tart vir Charl met die waarheid oor die baba. Jackie is benoud oor die dag wat Jean vir Rikus sal moet ontmoet. Isabel is ontsteld oor Roberto, en konfronteer vir Shane.

Episode 678
S4 E678 • 24m • 10-12 PG

Isabel is verstom as sy uitvind wat Shane se plan met Roberto is. Ben probeer uitvind wat die villa se skat is sodat hy kan agterkom hoekom Astrid en Shane so agter die plek aan is.

Episode 679
S4 E679 • 23m • 10-12 PG

Lede van die Jeugland-koor gaan in die villa tuis. Jackie en Jean vertrek na sy ouers. Ben probeer die front met Astrid volhou. Charl probeer Ben oortuig om hom in sy vertroue te neem.

Episode 680
S4 E680 • 24m • 10-12 PG

As die Villa Rosers van hulle naweek-uitstappies af terugkom, kry hulle skokkende nuus. Ben se haat teenoor Astrid verdiep. Carlo verval in 'n depressie, maar Roberto se toekoms lyk blink.

Episode 681
S4 E681 • 25m • 10-12 PG

Die villa se inwoners is geskok deur die nuus van Astrid se miskraam. Isabel probeer vir Ben probeer onderskraag - al het sy meer as genoeg probleme van haar eie.

Episode 682
S4 E682 • 23m • 10-12 PG

Astrid en Ben se gelukkige fasade maak Charl rasend van woede. Isabel gaan praat met Shane oor Natasha se polis, en Ben begin uitvra oor Shane se erwe langs die villa.

Episode 683
S4 E683 • 24m • 10-12 PG

Jean begin trouplanne maak. Dinge loop skeef as die jongklomp saam met JJ begin kuier. Isabel besluit om 'n welverdiende blaaskans te vat, min wetende dat Carlo 'n laagtepunt bereik het.

Episode 684
S4 E684 • 21m • 10-12 PG

Isabel kry Carlo se selfmoordbrief. Carlo se mense wonder hoekom hy tot so 'n desperate daad oorgegaan het, en almal behalwe Roberto voel skuldig dat hulle nie daar was vir hom nie.

Episode 685
S4 E685 • 24m • 10-12 PG

Chris bring ontstellende nuus vir Shane. Almal is geskok oor Carlo se selfmoordpoging. Jean en Jackie kan nie besluit oor 'n datum vir die groot dag nie. Adèle vind Jean onweerstaanbaar.

Episode 686
S4 E686 • 23m • 10-12 PG

Jackie betrap Jean en Adèle waar hulle mekaar soen en staan voor 'n keerpunt in haar lewe. Chris smeer sout in Shane se wonde. Jean haal sy beste maniertjies uit om Jackie terug te wen.

Episode 687
S4 E687 • 23m • 10-12 PG

Marius sukkel om sy woede teenoor Jean te beteuel. Astrid is jaloers omdat Isabel soveel aandag van Shane kry. Anthony se seun stel hom vir die hoeveelste maal teleur.

Episode 688
S4 E688 • 24m • 10-12 PG

Wanneer Carlo uit die hospitaal kom, wil hy steeds nie sê hoekom hy probeer selfmoord pleeg het nie. Villa Rosa se manne is vasberade om Jackie vinnig van Jean Jordaan te laat vergeet.

Episode 689
S4 E689 • 24m • 10-12 PG

Carlo deel sy geheim met Fritz en Isabel. Shane begin planne beraam teen Chris, en gaan uit sy pad om vir Isabel te beïndruk. Roberto toets sy grense met Shane.

Episode 690
S4 E690 • 24m • 10-12 PG

Marius en Hein probeer om vir Daniël en Jackie bymekaar uit te bring. Charl is ongelukkig oor Shane se kuiertjies by Isabel, en Astrid skimp by Shane om haar as sy assistent aan te stel.

Episode 691
S4 E691 • 24m • 10-12 PG

Shane vra Astrid om die foto's wat op haar wittebrood van hulle geneem is te vernietig. Daniël besluit om Jackie sonder hulp uit te vra. Shane probeer Isabel aan sy kant kry.

Episode 692
S4 E692 • 23m • 10-12 PG

Shane maak dit duidelik dat hy Astrid net as 'n sake-vennoot beskou, en hy vryf sout in Ben se wonde oor sy vriendskap met Isabel. Jackie en Daniël se afspraak verloop nie volgens plan nie.

Episode 693
S4 E693 • 24m • 10-12 PG

Johann Nel, beoordelaar van die ATKV-Tienertoneel arriveer by die villa. Hein kry 'n aangename verrassing wanneer Sussie skielik opdaag. Ben probeer sy pa subtiel teen Astrid waarsku.

Episode 694
S4 E694 • 23m • 10-12 PG

Carlo vind uit Shane het die storie versprei dat hy gay is. Wanneer Astrid harteloos teenoor Carlo optree, neem Ben 'n groot besluit. Sussie is 'n aanwins vir BAKgat.

Episode 695
S4 E695 • 24m • 10-12 PG

Carlo wroeg steeds met sy seksualiteit, maar hy en Petro bly vriende. Charl en Ben beweeg nader aan mekaar. Astrid kan haar nederlaag teenoor Isabel nie aanvaar nie, en begin weer konkel.

Episode 696
S4 E696 • 23m • 10-12 PG

Die villa kry 'n interessante gas. Astrid glo sy gaan Shane se verhouding met Isabel kelder, maar Shane het 'n verrassing vir haar. Isabel swig al hoe meer voor Shane se dodelike sjarme.

Episode 697
S4 E697 • 24m • 10-12 PG

Shane soek antwoorde oor Astrid se familie, maar sy verseg om te praat. Die villa se jongklomp kuier lekker saam met Basie. Shane dwing Roberto om met Carlo te praat.

Episode 698
S4 E698 • 22m • 10-12 PG

Shane sleep steeds vlerk by Isabel, en in die villa is daar groot verleentheid as die waarheid oor Hein en Sussie uitkom!

Episode 699
S4 E699 • 22m • 10-12 PG

Fritz probeer alles in sy vermoë doen om Ben en Astrid se huwelik te red. Iemand uit die villa se verlede daag op...

Episode 700
S4 E700 • 22m • 10-12 PG

Sussie boek 'n swanger Lindie by die villa in. Shane beplan 'n romantiese aand saam met Isabel maar sy konfronteer hom met vrae wat hom onrustig maak. Marius hoor dat hy pa gaan word.

Episode 701
S4 E701 • 24m • 10-12 PG

Shane is geskok oor Lindie se terugkeer. Marius is op die oorlogspad, en Lindie vertel vir Shane wat werklik daai fatale nag in sy kantoor gebeur het.

Episode 702
S4 E702 • 24m • 10-12 PG

'n Donker wolk hang oor die villa na Marius en Lindie se uitbarsting. Astrid en Ben hap na mekaar. Astrid soek witvoetjie by Shane, en Carlo vertel vir Shane hoe hy oor hom voel.

Episode 703
S4 E703 • 23m • 10-12 PG

Marius dring daarop aan dat Lindie vir 'n amniosintese moet gaan om te bewys hy is haar kind se pa. Fritz kom agter die swangerskap het Lindie ten goede verander.

Episode 704
S4 E704 • 24m • 10-12 PG

Ansie en Gerhard maak rusie, en Ansie trek by die villa in. Astrid wil Lindie se vertoue wen, maar Lindie bly waaksaam. Ons hoor waar Lindie die afgelope maande was.

Episode 705
S4 E705 • 25m • 10-12 PG

Isabel erken aan Ben sy is verlief op Shane. Ben en Shane stamp koppe, en Astrid probeer haar kloue in Lindie slaan maar loop haar vas. Marius laat Lindie koud van skok.

Episode 706
S4 E706 • 24m • 10-12 PG

Marius en Lindie se magstryd om hulle kind, begin. Shane en Isabel beweeg al nader aan mekaar. Gerhard werp alles in die stryd om vir Ansie terug te wen.

Episode 707
S4 E707 • 24m • 10-12 PG

Ansie geniet die speletjie met Gerhard maar besef nie hoe gou dinge kan draai nie. Charl, Anthony en Ben is besig met bouplanne. Roberto dwing homself aan Petro op. Carlo raak aggressief.

Episode 708
S4 E708 • 24m • 10-12 PG

Marius verjaar en die Villa Rosers probeer die dag tevergeefs vir hom aangenaam maak. Isabel moet tussen Carlo en Rix kies.

Episode 709
S4 E709 • 24m • 10-12 PG

Marius weet nie of hy Lindie se geskenk moet aanvaar of nie. Hulle stamp koppe oor geld, maar Lindie beweer dat sy hom en die baba net gelukkig wil maak.

Episode 710
S4 E710 • 23m • 10-12 PG

Die bekroonde sêrgroep Y-knot kom by die villa aan. Shane voel Isabel meng met sy persoonlike lewe in wanneer sy probeer uitvind hoekom hy so daarteen skop om 'n oupa te word.

Episode 711
S4 E711 • 24m • 10-12 PG

Shane laat Isabel se hart smelt. Astrid probeer weereens om Lindie aan haar kant te kry. Die vonke spat tussen Anthony en Charl en Shane se oomblik van glorie breek aan.

Episode 712
S4 E712 • 23m • 10-12 PG

Shane ontdek dat Roberto verdwyn het. Astrid se frustrasies kom tot uitbarsting en lei tot 'n spanningsvolle struweling tussen haar en Ben.

Episode 713
S4 E713 • 24m • 10-12 PG

Astrid sukkel om Shane se verwerping te verwerk. Kommer groei as Roberto steeds nêrens sy verskyning maak nie, Jackie en Lindie vind uit hoekom Sussie wegskram as Hein van trou praat.

Episode 714
S4 E714 • 23m • 10-12 PG

Lindie vra Shane uit oor oorerflike familiekwale. Paniek breek uit in Bakgat. Isabel bely haar liefde vir Shane, en Carlo gooi sy laaste tantrum. Ontnugtering wag by isiPhapha.  

Episode 715
S4 E715 • 23m • 10-12 PG

Daar heers steeds groot ontsteltenis oor die gebeure by isiPhapha. Anthony is oortuig dat hulle bedrieg is. Shane kan nie vir Roberto opspoor nie en moet oop kaarte speel met Isabel.

Episode 716
S4 E716 • 23m • 10-12 PG

Lindie probeer haar broer Dougie van die villa af weghou. Jackie besef sy het nog gevoelens vir Hein. Astrid laat maak vir haar 'n duplikaat van Shane se sleutelkaart vir De Ruimtes.

Episode 717
S4 E717 • 24m • 10-12 PG

Dougie konfronteer Shane in sy kantoor, en Sussie stel voor dat haar en Hein se paaie moet skei. Shane snoer Roberto se mond met 'n duur geskenk. Ben laat Astrid na haar asem snak.

Episode 718
S4 E718 • 23m • 10-12 PG

Astrid gaan voort met haar vreesveldtog teen Isabel. Dougie probeer Lindie oorreed om terug te gaan Wolmaransstad toe, tot sy pad met een van die villa se ander rose kruis.

Episode 719
S4 E719 • 25m • 10-12 PG

Marius is ontsteld as hy Dougie in Jackie se kamer aantref en glo Lindie het hulle opsetlik by mekaar uitgebring. Hein en Sussie sit vir die eerste keer vas, en Jackie is smoorverlief.

Episode 720
S4 E720 • 23m • 10-12 PG

Lindie woon haar eerste voorgeboortelike klas by. Isabel vra vir Shane 'n groot guns. Dit lyk asof die storm tussen Astrid en Ben maar net nie wil gaan lê nie.

Episode 721
S4 E721 • 24m • 10-12 PG

Astrid word uitgevang. Anthony en Jackie besluit dis tyd om groot veranderings aan hulle lewe aan te bring. Ben toon skielik 'n belangstelling in die skat van Villa Rosa.

Episode 722
S4 E722 • 23m • 10-12 PG

Ben begin ongemerk na skatleidrade soek. Sussie laat Hein verstom. Anthony kyk met nuwe oë na De Ruimtes en maak 'n impulsiewe besluit. Isabel beplan iets spesiaal vir Carlo se verjaardag.

Episode 723
S4 E723 • 25m • 10-12 PG

Anthony trek tot almal se ontsteltenis by Villa Rosa uit. Ben gee voor hy is siek sodat hy alleen vir leidrade na die skat kan soek. Carlo se partytjie verloop nie volgens plan nie.

Episode 724
S4 E724 • 24m • 10-12 PG

Astrid probeer verskeie mense oortuig om hulle villa-aandele aan haar te verkoop. Anthony steek sy trots in sy sak en klop by Shane aan vir hulp.

Episode 725
S4 E725 • 23m • 10-12 PG

Lindie dink Dougie moet met Astrid se flankeerdery saamspeel om uit te vind waaragter sy eintlik is. Charl wil begin kanse waag, en Carlo beskuldig vir Roberto van diefstal.

Episode 726
S4 E726 • 22m • 10-12 PG

Die teenwoordigheid van 'n indringer lê nog swaar in die loft, en skielik ruik Shane lont. Anthony bring goeie nuus vir Marius, maar dan gebeur met Lindie wat sy die heeltyd gevrees het...

Episode 727
S4 E727 • 23m • 10-12 PG

Marius is baie bekommerd oor die uitslag van Lindie se toetse. Hein en Sussie maak 'n groot aankondiging, maar die villa inwoners se aandag word deur iets anders afgetrek.

Episode 728
S4 E728 • 23m • 10-12 PG

Marius en Jackie begin beplan aan die Murder-Mistery-oefenlopie en hulle entoesiasme is aansteeklik. Shane en Isabel kry rusie oor Lindie, en Astrid sluip in die nag rond.

Episode 729
S4 E729 • 24m • 10-12 PG

Die raaisel rondom die gebeure in Isabel se woonstel raak al hoe groter. Die villa hoor van 'n nuwe gas wat op Anthony se aanbeveling daar kom oornag.

Episode 730
S4 E730 • 24m • 10-12 PG

Isabel se senuwees is aan flarde. Ben waarsku Astrid om op te hou met haar gifspeletjie, terwyl Jackie druk besig is met haar reëlings vir die villa se moordnag.

Episode 731
S4 E731 • 25m • 10-12 PG

Charl wil vir Isabel gaan kuier, maar loop hom vas in Shane wat wil seker maak dat hy die enigste man in Isabel se lewe is. Roberto wys nog 'n keer sy ware kleure.

Episode 732
S4 E732 • 25m • 10-12 PG

Die villa se Moordnag breek uiteindelik aan. Almal speel hulle rolle met oorgawe, maar party karakters voer dit effens te ver en dinge werk nie heeltemal soos beplan uit nie.

Episode 733
S4 E733 • 22m • 10-12 PG

Astrid keer terug van die kliniek af met krukke en nie almal is so simpatiek soos Fritz nie. Marius sê vir Lindie dat daar niks tussen hulle kan wees nie. 'n Ou bekende daag onverwags op.

Episode 734
S4 E734 • 24m • 10-12 PG

Shane vra Isabel weer om by hom in te trek. Jean probeer desperaat om Jackie weer onder sy betowering te kry, met drastiese nagevolge.

Episode 735
S4 E735 • 23m • 10-12 PG

Chris daag op tot Lindie se ontsteltenis en daar ontstaan 'n toutrekkery tussen Marius en Chris. Jean begin vir Jackie met sms'e terroriseer. As Shane by die villa opdaag, spat die vonke.

Episode 736
S4 E736 • 25m • 10-12 PG

Almal in die villa is bekommerd as hulle uitvind Lindie en haar baba het verdwyn. Jean Jordaan se vendetta teen Jackie begin ernstig raak, en Sussie gaan vir 'n werksonderhoud.

Episode 737
S4 E737 • 25m • 10-12 PG

Marius kry die uitslag van die DNA-toetse. Ons ontmoet vir Fanus, Jean verpes vir Jackie met SMS'e, en Shane verwerp vir Lindie en die baba. Shane stel vir Isabel voor 'n ultimatum.

Episode 738
S4 E738 • 24m • 10-12 PG

Charl kry slegte nuus, maar besluit om die teleurstelling weg te dobbel. Marius besluit dis tyd om sy sjarmekrane weer oop te draai, maar Sussie waarsku hom om briek aan te draai.

Episode 739
S4 E739 • 24m • 10-12 PG

Marius en Charl kompeteer vir Erica Brink se aandag sonder dat hulle besef sy is die prokureur wat die isiPhapha-saak gaan hanteer. Astrid maak die lewe al hoe moeiliker vir Ben.

Episode 740
S4 E740 • 25m • 10-12 PG

Fritz vind uit dat Ben en Astrid nie meer dieselfde kamer deel nie. Die Van Jaarsvelds kom kuier en Ansie is glad nie te vinde vir Sussie en Hein se kamma-verlowing nie.

Episode 741
S4 E741 • 24m • 10-12 PG

Charl se dobbellus verskerp, en Erica bly wonder waar sy vir Astrid ontmoet het. Ben en Astrid neem 'n belangrike besluit, terwyl Shane en Isabel se verhouding groei.

Episode 742
S4 E742 • 23m • 10-12 PG

Gedempte opgewondenheid heers in die villa oor Hein en Sussie se "geheime" verlowing. Erica voel aangetrokke teenoor Marius, en probeer haar bes om Charl op 'n distansie te hou.

Episode 743
S4 E743 • 24m • 10-12 PG

Shane se nuwe sekretaresse daag op vir werk. Jackie sê vir Ben sy weier om saam met sy vrou in die villa te werk en Hein is bekommerd of die verloofring vir Sussie gaan pas.

Episode 744
S4 E744 • 23m • 10-12 PG

Roberto sink al verder in 'n depressie in, Charl se dobbelprobleem eskaleer, en Mevrou Brandt maak haar opwagting. Maar dit is Isabel wat die mees onwelkome besoeker ontvang!

Episode 745
S4 E745 • 25m • 10-12 PG

Die verhouding tussen Ben en Astrid is nou feitlik ondraaglik. Shane se nuwe sekretaresse gee hom steeds gryshare en Sussie kry 'n voorbode wat niks goed voorspel nie.

Episode 746
S4 E746 • 23m • 10-12 PG

Charl se dobbelkoors en Roberto se dwelmverslawing ruk hand uit. Anthony laat Jason duidelik verstaan wat hy van hom verwag as mede-inwoner van die loft.

Episode 747
S4 E747 • 25m • 10-12 PG

Die slang-episode het 'n gelukkige einde, maar nie vir Astrid nie. Shane oortuig vir Isabel om nie vir Astrid te vervolg nie. Carlo besef daar is fout met Roberto.

Episode 748
S4 E748 • 24m • 10-12 PG

Shane stel 'n ultimatum aan Roberto. Charl byt die spit af met Erica, en Marius bely dat hy nie in haar belangstel nie. Intussen in Goudini probeer Hein tevergeefs om die ja-woord te vra.

Episode 749
S4 E749 • 24m • 10-12 PG

Ons vind meer uit oor Erica se verlede. Fritz en Anthony is raadop met hulle seuns, en Roberto sink al dieper in sy dwelmhel in. Fanus is bereid om Shane se bose plan te help deurvoer.

Episode 750
S4 E750 • 23m • 10-12 PG

Roberto raak al meer desperaat vir dwelms, maar Fanus hou hom aspris aan 'n lyntjie. Carlo konfronteer Astrid oor die slang in De Ruimtes, en Ben vertel uiteindelik vir Charl hy gaan skei.

Episode 751
S4 E751 • 24m • 10-12 PG

Carlo is teleurgesteld as hy uitvind dat sy selfoonopname niks werd is nie, en Shane waarsku vir Astrid om op te hou foute maak. Carlo en Isabel kom af op 'n hartverskeurende toneel.

Episode 752
S4 E752 • 25m • 10-12 PG

Almal ly aan skok na Roberto se dood, en Isabel en Carlo verwyt hulself dat hulle nie agtergekom het daar is groot fot nie. Intussen word Fanus 'n al groter meulsteen om Shane se nek.

Episode 753
S4 E753 • 25m • 10-12 PG

Elkeen probeer op sy eie manier Roberto se dood verwerk. Vis lig vir Shane in dat hy van Fanus ontslae geraak het en Sussie help met die roudiens se reëlings. Jason verloor sy werk.

Episode 754
S4 E754 • 24m • 10-12 PG

Roberto se roudiens is verby, en almal daag by die villa op vir tee. Charl hou nie daarvan dat Shane die bedankings doen nie en Astrid maak onvanpaste opmerkings, en ontstel vir Isabel.

Episode 755
S4 E755 • 24m • 10-12 PG

Isabel is steeds diep in rou na Roberto se afsterwe, maar Carlo is woedend en vas van plan om uit te vind wie agter sy broer se dood sit. Astrid draai Fritz al hoe meer om haar pinkie.

Episode 756
S4 E756 • 24m • 10-12 PG

Isabel klou vas aan alles wat aan Roberto herinner. Jason en Hein moedig vir Marius aan om flikkers vir Erica te gooi. Fritz konfronteer Ben en Astrid oor hulle huweliksprobleme.

Episode 757
S4 E757 • 25m • 10-12 PG

Fritz probeer om met Ben en Astrid te praat oor huweliksberading, maar hulle ontglip hom aanhoudend. Sussie hoor Shane en Isabel is uitmekaar, en Marius soek toenadering tot Erica.

Episode 758
S4 E758 • 24m • 10-12 PG

Isabel kry 'n brief uit Italië. 'n Oproep van Vis sit Shane in 'n goeie bui. Daar kom skokkende feite aan die lig oor George T. Booker, en Marius oortuig vir Hein om in Bakgat op te tree.

Episode 759
S4 E759 • 24m • 10-12 PG

Charl se familie en vriende is nie bereid om hom finansieël by te staan met sy nuwe bemarkingsplan nie. Astrid haal haar venyn op Erica sowel as Isabel uit.

Episode 760
S4 E760 • 24m • 10-12 PG

Charl se gedobbel kom oplaas tot 'n einde, en Vis is terug van Amerika af. Almal maak planne vir Kersfees, en Isabel neem 'n makabere besluit oor Roberto se as.

Episode 761
S4 E761 • 24m • 10-12 PG

Erica kry nuus uit Amerika en beroep 'n vergadering om dit met almal te bespreek. Charl is depressief oor die nuus oor isiPhapa, maar Erica weet presies hoe om hom te troos...

Episode 762
S4 E762 • 23m • 10-12 PG

Isabel bly in 'n depressie na Roberto se dood. Sussie konfronteer vir Shane, en Vis maak alweer ogies vir Sussie. In Bakgat word daar planne gemaak vir 'n baie spesiale sanger. 

Episode 763
S4 E763 • 24m • 10-12 PG

Vis wil Astrid ontmoet sodat hy sy teiken beter kan leer ken. Fritz bly bekommerd oor Ben en Astrid se huwelik. Vis nooi vir Hein om saam met hom te gaan hengel.

Episode 764
S4 E764 • 24m • 10-12 PG

Sussie is bekommerd as Hein niks van hom laat hoor nie. Marius vis uit oor die stand van Ben en Astrid se huwelik, terwyl Astrid haar nuwe planne met Shane gaan deel.

Episode 765
S4 E765 • 22m • 10-12 PG

Erica is vir die eerste keer in haar lewe smoorverlief. Ben en Charl is bekommerd oor Fritz se gesondheid. Isabel lag vir die eerste keer na Roberto se dood.

Episode 766
S4 E766 • 29m • 10-12 PG

Die villa vier fees saam met die kinders van die Abraham Kriel, Maria Kloppers en Entomgeni kinderhuis. Astrid trek Ben 'n vuil streep en Gerhard begaan 'n flater wat Ansie hewig ontstel.

Episode 767
S4 E767 • 23m • 10-12 PG

Sussie beraam planne om Shane en Isabel weer te laat versoen. Erica het die skoot hoog deur, terwyl Charl die aandag geniet en Marius besef dis tyd vir 'n vrou in sy eie lewe.

Episode 768
S4 E768 • 24m • 10-12 PG

Fritz kies al hoe meer Astrid se kant teen Ben. Anthony en Jason kom terug van Gauteng af en besluit om orde in hulle chaotiese loft te skep. Carlo het 'n plan vir sy matriekjaar.

Episode 769
S4 E769 • 23m • 10-12 PG

Ben bepleit 'n skietstilstand tussen hom en Astrid. Isabel en Carlo is reg om aan te gaan met die lewe, maar in Bakgat wag daar 'n onaangename verrassing op hulle.

Episode 770
S4 E770 • 25m • 10-12 PG

Dis die laaste dag van die jaar en Bakgat is gereed vir 'n grootse partytjie met Nicholis Louw as die trekpleister.

Episode 771
S4 E771 • 24m • 10-12 PG

Dis Nuwejaarsdag en almal herstel geleidelik van die Oujaarspartytjie by Bakgat. Erica en Charl praat al hoe meer by mekaar verby, en Shane besef hoe leeg sy lewe sonder Isabel is.

Episode 772
S4 E772 • 23m • 10-12 PG

Die Villa Rosers begin inderhaas voorberei vir 'n nuwe besoeker. Erica besef Charl is nie troumateriaal nie, en Fritz kom met 'n verrassende voorstel oor sy testament.

Episode 773
S4 E773 • 22m • 10-12 PG

Sussie kom onwetend op 'n vervalste noot in Shane se kantoor af. Ben konfronteer Astrid omdat sy haar by Fritz se testament probeer inwurm. 'n Verstopte waterpyp veroorsaak konsternasie.

Episode 774
S4 E774 • 22m • 10-12 PG

Die villa is in chaos na die vorige aand se onbeplande braai wanneer 'n onverwagte gas aan die voordeur klop. Carlo en Isabel besluit om Shane Rix en Astrid Wentzel aan die kaak te stel.

Episode 775
S4 E775 • 23m • 10-12 PG

Die geskeurde R100-noot gaan weer op reis, en Astrid swaai 'n nuwe wortel voor Ben se neus. Erica en Charl het 'n roerende afskeid, en Astrid besoek Shane met 'n skokkende versoek.

Episode 776
S4 E776 • 23m • 10-12 PG

Carlo is gefrustreerd omdat Isabel uitstel om dinge vir Astrid moeilik te maak. Astrid plaas druk op Ben - hy moet met die skeisaak begin en vir haar voorsiening maak in sy testament.

Episode 777
S4 E777 • 24m • 10-12 PG

Astrid is tevrede dat haar reëlings met Ben se testament vlot verloop. Shane vra vir Sussie om nie in sy persoonlike lewe in te meng nie. Marius en Hein sluit 'n besigheidsooreenkoms.

Episode 778
S4 E778 • 24m • 10-12 PG

Lorraine laat Marius stom, en Carlo het sy eerste matriekdag in die Loft. Ben krap Astrid se planne deurmekaar, en Isabel kry inligting oor Shane wat haar woedend maak.

Episode 779
S4 E779 • 23m • 10-12 PG

Isabel en Carlo besluit dat hulle Roberto se verjaarsdag gaan vier deur sy as in Graaff-Reinet te gaan strooi en Ben sukkel om sy ware gevoelens vir Isabel weg te steek.

Episode 780
S4 E780 • 24m • 10-12 PG

Fritz se gesondheid bly hom opkeil, en Astrid druk vir Ben om sy pa van die egskeiding te vertel. Lorraine gaan saam met Marius en Hein dam toe, en Sussie begaan 'n groot fout.

Episode 781
S4 E781 • 24m • 10-12 PG

Ben reël dat Charl vir Fritz plaas toe neem om hom weg van Astrid af te hou. Isabel konfronteer Shane oor die Zanzibar-foto's, en Jackie beskerm Lorraine teen Astrid se geniepsige tong.

Episode 782
S4 E782 • 23m • 10-12 PG

Ben vang vir Astrid met 'n slap riem. Op haar beurt skok Astrid vir Ben met haar optrede, en Isabel oortuig Ben om vir Fritz van die egskeiding te vertel.

Episode 783
S4 E783 • 25m • 10-12 PG

Ben vertel vir Fritz hy en Astrid gaan skei. Astrid probeer haar skoonpa aan haar kant kry deur martelaar te speel, want die res van die villa staan bankvas agter Ben.

Episode 784
S4 E784 • 24m • 10-12 PG

Die atmosfeer in die villa is somber. Ben smeek vir vergifnis, maar Fritz is onwrikbaar teenoor sy seun. Isabel het goeie nuus en 'n groot verrassing wag op Astrid.

Episode 785
S4 E785 • 24m • 10-12 PG

Shane vind uit van Astrid se arrestasie en probeer tevergeefs om haar op te spoor. Fritz voel steeds verslae en bitter oor sy seuns se verraad.

Episode 786
S4 E786 • 22m • 10-12 PG

Dis 'n groot verrassing wanneer Astrid haar opwagting by die Villa maak. Die Villa Rosers belê noodvergadering om stand van sake te bespreek. Fritz sorg vir skok.

Episode 787
S4 E787 • 23m • 10-12 PG

Ben is vasbeslote om sy ma te kontak na Fritz se skokkende onthulling dat sy nog lewe. Shane plaas druk op Vis om uit te vind hoekom die polisie Astrid vrygelaat het.

Episode 788
S4 E788 • 25m • 10-12 PG

Fritz erken sy leuen van al die jare. Vis maak 'n interessante ontdekking, en hy en Shane sweer saam. Charl maak die deur oop op 'n onbekende deel van sy lewe.

Episode 789
S4 E789 • 25m • 10-12 PG

Fritz en Mari verduidelik aan die seuns wat gebeur het, maar dit laat meer vrae as antwoorde. Vis en Shane besluit op 'n plan sodat Shane die villa vir eens en vir altyd kan inpalm.

Episode 790
S4 E790 • 25m • 10-12 PG

Fritz is verlig dat sy jare-lange geheim in die ope is, en dat byna almal hom ondersteun. Mari wil die skeur tussen haar en Charl herstel, maar sal sy dit regkry?

Episode 791
S4 E791 • 24m • 10-12 PG

Astrid weet steeds nie wie Mari is nie. Vis verduidelik vir Shane hoe hy die villa gaan laat afbrand. Mari is geskok wanneer sy hoor Ben staan op skei.

Episode 792
S4 E792 • 24m • 10-12 PG

Mari sukkel steeds om Charl se guns te wen. Ben is ontsteld om van Mari se reëlings te hoor, en Vis en Shane konkel voort. Die Retiefs hoor skokkende nuus by Mari.

Episode 793
S4 E793 • 25m • 10-12 PG

Ben kan nie glo hy moet so gou weer van sy ma afskeid neem nie. Fritz moedig Charl aan om 'n gesprek met Mari te hê voor sy vertrek. Shane en Vis konkel voort.

Episode 794
S4 E794 • 25m • 10-12 PG

Ben en Charl stamp steeds koppe en Marius skraap uiteindelik die moed bymekaar om vir Lorraine te bel. Fritz neem 'n gewigtige besluit, en Hein se dag loop nie na wense nie.

Episode 795
S4 E795 • 25m • 10-12 PG

Hein skraap al sy moed bymekaar en vra vir Vadie en Moekie die groot vraag. Hulle gee hul goedkeuring mits Sussie ja sê. Vis trek onder valse voorwendsels by die villa in.

Episode 796
S4 E796 • 23m • 10-12 PG

Sussie is stralend na die verlowing, en vang amper vir Shane en Vis uit. Marius ontplof teenoor Hein. Astrid is skielik nie meer blond nie, en Charl neem 'n groot stap.

Episode 797
S4 E797 • 24m • 10-12 PG

Hein en Marius se verhouding versleg by die dag. Astrid probeer tevergeefs om die aandeelhouers te oorreed om 'n vergadering te hou. Fritz kry bitter swaar met sy gesonde dieet.

Episode 798
S4 E798 • 23m • 10-12 PG

Gerhard en Ansie is terug van Vleesbaai af, en sy is vuur en vlam om Sussie en Hein se troue te reël. Ben se jaloesie oor Charl wat al die jare Fritz se witbroodjie is, steek weer kop uit.

Episode 799
S4 E799 • 24m • 10-12 PG

Sussie dwing vir Hein om vrede te maak met Marius. Astrid kry uiteindelik haar aandeelhouersvergadering. Shane en Vis gaan voort met hulle bose plan...

Episode 800
S4 E800 • 24m • 10-12 PG

Terwyl die manne Hein en Sussie se verlowing in Bakgat vier, maak Vis gereed vir sy aanslag op die villa. Die minute tik verby... Net 'n wonderwerk kan Villa Rosa en sy mense nog red.

Episode 801
S4 E801 • 23m • 10-12 PG

In die villa gons en gis dit oor die skielike vreemde gebeure, en almal soek na 'n logiese verklaring. Vis en Shane is stom wanneer Astrid hulle besoek met 'n gevaarlike verrassing.

Episode 802
S4 E802 • 24m • 10-12 PG

Na nog 'n uitval tussen Marius en Hein, besluit Jason om te bedank. Shane beraam 'n slinkse plan om Astrid te siene te kry.

Episode 803
S4 E803 • 23m • 10-12 PG

Hein verdwyn soos 'n groot speld op Sussie se spesiale dag. Vis en Shane slyp hulle tande vir Astrid, en Kriek boek in, en Charl se planne begin uitwerk.

Episode 804
S4 E804 • 25m • 10-12 PG

Hein is desperaat dat Sussie hom vir sy blaps op haar verjaardag moet vergewe. Astrid probeer Shane afpers en uitvind hoekom hy die villa wil hê, maar hy speel 'n troefkaart.

Episode 805
S4 E805 • 23m • 10-12 PG

Kriek en Charl begin 'n speletjie, maar Kriek het haar eie plan bewimpel om aan die wenkant te bly. Ben ondersteun vir Astrid, tot Fritz se groot ontsteltenis.

Episode 806
S4 E806 • 23m • 10-12 PG

Charl voel al die villa se aandeelhouers behalwe sy pa het teen hom gedraai. Kriek se gelag en gegrap maak Lorraine jaloers, en Anthony en Isabel doen 'n som wat hulle na asem laat snak.

Episode 807
S4 E807 • 23m • 10-12 PG

Lorraine voel bedreig deur Kriek en Jackie is skielik jaloers. Marius het net oë vir Lorraine, maar haar komplekse persoonlikheid maak dinge moeilik. Ons kry 'n blik op haar donker geheim.

Episode 808
S4 E808 • 24m • 10-12 PG

Kriek kry snuf in die neus oor Lorraine se groot geheim. Hein se drome word verpletter. Charl staan voor 'n moeilike besluit en Ben vind dit onuithoubaar in die villa.

Episode 809
S4 E809 • 25m • 10-12 PG

Jackie en Kriek maak planne om Lorraine se vertroue te wen. Anthony se middeljarekrisis laat die Martinelli's lag. Shane kry 'n verrassing wat hom lelik onkant vang.

Episode 810
S4 E810 • 24m • 10-12 PG

Fritz is ontsteld oor albei sy seuns landuit wil gaan. Isabel maak 'n belofte aan Carlo. Daar is chaos in die villa om die baba gevoer te kry, en Astrid sorg vir 'n groot verrassing.

Episode 811
S4 E811 • 23m • 10-12 PG

Chris Fourie daag in Bloemfontein op en eis dat Shane hom na sy kind toe moet vat. Party inwoners kom agter Jackie het nog gevoelens vir Hein en Anthony verander nog iets aan sy voorkoms.

Episode 812
S4 E812 • 23m • 10-12 PG

Kriek en Jackie probeer 'n plan beraam om vir Lorraine te help. Hein en Marius word baba-oppassers met katastrofiese nagevolge.

Episode 813
S4 E813 • 24m • 10-12 PG

Astrid kry opdrag om na Leo te kyk. Shane wonder hoe dit met sy kleinseun gaan en stuur Vis om weer te gaan kyk hoe die villa se mense met die kleintjie oor die weg kom.

Episode 814
S4 E814 • 23m • 10-12 PG

Charl voel olik, 'n nuwe gas daag op met 'n hond in 'n bikini, Lorraine se donker geheim word fisies ontbloot en Sussie maak vir Hein woedend. Dan maak Charl 'n verbysterende ontdekking.

Episode 815
S4 E815 • 24m • 10-12 PG

Vis en Shane raak benoud as die Villa-inwoners van die ontvoerde baba te hore kom. Ben onttrek hom finaal van sy pa. Hein weier volstrek om enige finansiële hulp van Shane te aanvaar.

Episode 816
S4 E816 • 23m • 10-12 PG

Die wrywing tussen Ben en Charl bereik kookpunt. Petrus beland in 'n penarie, en Marius-hulle wag vir Bakkies om vir Leo te kom haal, maar kry 'n onaangename verrassing!

Episode 817
S4 E817 • 24m • 10-12 PG

Die skok van Hein, Marius en Charl se arrestasie tref die villa met 'n slag. Shane spook om sy "onskuld" te bewys, Petrus draai Astrid om sy pinkie. Jackie en Hein land in 'n warm situasie.

Episode 818
S4 E818 • 23m • 10-12 PG

Shane ontmoet vir Kriek en hou baie van wat hy sien. Chris daag op. Hy soek sy seun en hy gaan dit nie maklik maak vir enigiemand nie.

Episode 819
S4 E819 • 24m • 10-12 PG

Lorraine maak die verkeerde afleidings en verloor heeltemal beheer. Jackie praat met Hein oor wat tussen hulle gebeur het en neem 'n groot besluit.

Episode 820
S4 E820 • 24m • 10-12 PG

Astrid voer haar planne met die villa meedoënloos uit, Kriek vat vir Shane aan en Lorraine neem afskeid. Dan verpletter Jackie vir Fritz en Marius met 'n skokkende onthulling.

Episode 821
S4 E821 • 24m • 10-12 PG

Petrus en Kriek maak ondeunde planne vir die eerste April, Shane slaan toe op Kriek en Hein bring vir Sussie 'n vredeoffer. Die villa sê tranerig totsiens vir hulle geliefde Jackie.

Show MorePrevious SeasonNext Season
  • Saskia soek bewyse dat haar suster nog lewe, en Liam maak vinnig 'n slinkse plan. Chubby probeer Celine aan sy kant kry en Eben vra haar om die aand saam met hom uit te gaan. Lida vertel vir Fritz wat sy in die werkskamer aanmekaar slaan.
  • Seasons6

Bundle it: Entertainment + Premier League

Get the best of both. Watch hit series, movies, African Originals and more plus stream Premier League matches live on mobile.

ONLY
$8

FAQs

Download the Showmax app and start streaming full episodes of Villa Rosa. View the full list of supported devices.

You can watch Villa Rosa on Showmax. Just sign up for Showmax and stream every episode.

Showmax currently has 6 seasons of Villa Rosa available for streaming.