Magda Louw, Episode 10
Season 1, Episode 10
Watch Full Episodes of Magda Louw Season 1
Magda Louw is gekies vir ’n realiteitsreeks. Dis ’n stresvolle affêre, en hulle besef gou, Magda was dalk nie die beste keuse vir die program nie.
Episode 2Magda gesels oor die hartseer realiteit van oudword en hoe tyd wonderlik, maar ook wreed is. Magda en Erhard kry onverwagse goeie nuus.
Episode 3Magda probeer haar beste voetjie voorsit op nasionale televisie, maar binnekort is dit duidelik dat hierdie voetjie maar soos ons almal, gebarste hakke het.
Episode 4Magda en Erhard kry nuwe bure. Na ure se afloer, besef Magda dat daar iets baie duister oorkant die pad gebeur. Maar wat’s die nagevolge en wat gaan sy aantrek as sy moet getuig in die hof?
Episode 5Magda en Erhard se seun, Baltus kom kuier. Maar die opwinding verander gou in ’n naelbytery as Magda probeer uitvis wie Baltus gaan saambring vir die geleentheid.
Episode 6’n Dokter stel voor dat Magda Botulinum inspuitings oorweeg. Magda is hopeloos te trots om so ydel te wees, maar wat gaan sy maak met die saadjie wat geplant is?
Episode 7’n Groot reünie word gehou met die gaste van die eerste episode, maar die aand neem ’n aardige wending en Magda kan nie kop bo vrugwater hou nie.
Episode 8Magda besef dat haar arme man ’n 'midlife crisis' beleef en ’n reeks misverstande bring die groen monster uit. Maar het sy die kat aan die stert beet of nie?
Episode 9Getrude kom kuier en Magda en Erhard word gekonfronteer met skokkende nuus. Sal hulle dit kan aanvaar? Of is hierdie die laaste spyker in Magda se amperse doodskis?
Episode 10Erhard het ’n fout begaan en Magda sien al hoe spandeer hy die res van sy pensioen agter tralies. Maar wat as die realiteit heel anders uitdraai en die antagonis iemand anders is?
Episode 11Almal reël ’n spesiale aand vir Lynette en Shaun. Magda dink Erhard beplan ’n verrassing, maar hy’s die een wat verras word en hy gryp na ’n grashalm wat hom duur te staan gaan kom.
Episode 12Magda besluit om op ’n dieet te gaan en Erhard moet noodgedwonge saam honger ly. Maar ’n onverwagse versoeking los die vraag, wie se kleivoete gaan eerste onder hulle ingee?
Episode 13In die reeks se finale episode word Erhard gekonfronteer met ’n groot vrees. Magda en die res kom daarvan te hore en die onvermydelike is moontlik, te skielik voor hulle deur.
Show More- Magda Louw is ’n tong-in-die-kies, knop-in-die-keel kykie na die onvermydelike tragedies van die lewe. Tyd staan nie stil nie, oudword is ’n gegewe en alles is net tydelik.
- 13HD
- Seasons2