Die Byl
Watch Full Episodes of Die Byl
Wanneer ‘n klomp hawelose seuns verdwyn, steur die oorwerkte polisie van Ruiterwacht hul min daaraan. Dan verdwyn Tiaan Bernardo se lieflingskind. Byl se hulp word ingeroep.
Episode 2Byl en sy span krap kop wanneer hulle op ‘n vreemde reeksmoord afkom waarin die slagoffers in uitrustings van die tagtigerjare uitgevat word.
Episode 3Byl word gekonfronteer met ‘n moordenaar, wat meer van hom weet as dr Fritz Basson. Smiley het ‘n vendetta met Byl en gaan nie ophou moor tot Byl hom aangekeer het nie.
Episode 4Vier polisielede sterf onder vreemde omstandighede in fratsongelukke. Almal was saam met Sersant Juan Stuurman op polisiekollege. Is Juan se lewe in gevaar of is hy die moordenaar?
Episode 5Die span moet saam met ‘n eenheid werk wat in bende aktiwiteite spesialiseer. Byl weier om sy span met Kaptein Willem Ruiters te deel en kruis swaarde met sy bevelvoerder.
Episode 6Sjarmante en suksesvolle fondsbestuurder, Ernst du Toit, het ‘n spook in sy verlede wat hom jaag. Maak dit van hom ‘n reeksmoordenaar of is dit dalk sy blonde trofeëvrou, Saskia?
Episode 7Bart Basson, ‘n middelklas man met ‘n perfekte familie, se vrou word in ‘n fratsongeluk met ‘n kruisboogpyl getref. Wie was die Boogskutter en hoekom wou hy Leonore vermoor?
Episode 8Daar is ‘n reeksmoordenaar wat onder die modewêreld amok maak. Bijl is onder druk om die saak op te los as die hoeveelste jong model dood in ‘n koffer aangetref word.
Episode 9Daar is ‘n moordenaar wat Tafelberg gebruik as sy jaggebied. Met elke besoeker wat nou 'n potensiële slagoffer of ‘n moontlike verdagte word, is die span se werk vir hulle uitgeknip.
Episode 10Daar is reeds twee universiteitstudente ontvoer en vermoor as Byl en sy span ingeroep word. Byl neem beheer van die onderhandelings oor, maar word deur die moordenaar uitoorlê.
Episode 11Byl en Nicky se verhouding raak al hoe ernstiger. Is Byl besig om sy hart te verloor en wat van sy vrou, wat volgens hom spoorloos verdwyn het?
Episode 12Byl se donker verlede haal hom in as Etienne Basson, ‘n oud-kollega en vriend by Byl se huis opdaag met ‘n geweer in die hand. Die raaisel rondom Byl se vrou word verder ontrafel.
Episode 13Die geslote Byl kan homself uiteindelik toelaat om lief te hê en liefgehê te word. Hy beplan om van sy vrou te skei en Nicky die groot vraag te vra. Maar het die noodlot ander planne?
Show MoreNext Season- ‘n Kerngroep gespesialiseerde polisiemane en -vroue funksioneer beide in samewerking en in teenstryd met mekaar, terwyl hulle belas is met die ondersoek van reeksmoorde.
- Seasons5
Recommended

Bundle it: Entertainment + Premier League
Get the best of both. Watch hit series, movies, African Originals and more plus stream Premier League matches live on mobile.
ONLY
N$150
FAQs
How can I watch Die Byl?
Download the Showmax app and start streaming full episodes of Die Byl. View the full list of supported devices.
Where can I watch Die Byl?
You can watch Die Byl on Showmax. Just sign up for Showmax and stream every episode.
How many seasons of Die Byl are there?
Showmax currently has 5 seasons of Die Byl available for streaming.