Kokkedoor: Vuur En Vlam
Assista aos episódios completos de Kokkedoor: Vuur En Vlam
Die deelnemers se vuurdoop skop af met ’n bring-en-braai en spoed-ontmoetings. In ware Kokkedoor-tradisie sorg die kinkel dat elke pot die regte deksel kry om die goue middeweg aan te durf.
Episode 2Al sit sout en peper langs dieselfde vuur, plaas die getroue smaakpaartjie die spangees behoorlik onder druk. Biltong, bokkoms en mebos laat beland die braaiers nog meer in die pekel.
Episode 3Sardyne, seekat en tapas sorg vir sterk onderstrome. Skool vissies is wel veiliger in die bondel, maar die vuurkokke gaan gou uitvind dat hoe kleiner die vissie, hoe groter die braaigevaar.
Episode 4Die Kokkedore maak potjies met mielies en alledaagse stapelkos. Kokkedoor-veterane Mynhard en Pasch lig die deksels om te proe watter span ’n spens vol kos vir Meals on Wheels losslaan.
Episode 5Met 'n vleissaag in die hand en ‘n springbok in die koelkamer gaan dinge maar wild. Vuur-sjef Shaun Scrooby vra elegante vyfster-safarikos uit die voorkwart én die agterkwart of dis bokveld toe.
Episode 6Kupido sit aan vir ’n romantiese ete wat die opsitkers laat opvlam. Die spens is vol verleidelike bestanddele, maar sjokolade op die rooster laat dalk die spanne se liefdesbootjie kantel.
Episode 7Enjin-gedreun en sissende spek verklap dat honger bikers stop vir ontbyt. Die spanne skarrel met die tacos, wafels en jaffels, want die gaste is haastig om weer op die oop pad te kom.
Episode 8Die Kokkedore ruil braaitange vir mengbakke en kyk hul vrees in die oë om outydse melktert oor die vuur gaar te maak. Die kersie op die koek is dat Kokkedoor Theresa de Vries kom kuier.
Episode 9Die Kokkedore trek ’n haas uit die hoed wanneer die braaibak ’n klompie vreemdhede oplewer. Braaiers wat te houtgerus geraak het word gepootjie deur ’n tjoppie, worsie en hoenderboudjie.
Episode 10Die uitdrukking ‘om jou eie potjie te krap’ kry nuwe betekenis met ’n onverwagse span-kinkel. Sangeres Rina Hugo bring haar sprankel en Afrikaanse sêgoed lei tot nuwe geregte.
Episode 11Die paspoorte word gestempel vir ’n braaibesoek aan vuurkulture in verre lande. Die uitheemse braaitoerusting, wind en weer plaas druk op die spanne wat veg vir plek in die semi-finaal.
Episode 12Die Kokkedore betree die wêreld van fynproewerkos. Die bekroonde gassjef Jess van Dyk daag die braaiers uit om elke element van haar komplekse vyfster-gereg haarfyn oor die vuur te vertolk.
Episode 13Die finaliste berei vir hulle eregaste aan die Kapteinstafel ‘n feesmaal voor wat geïnspireer is deur die deftige laaste maaltyd op die Titanic. Wie se bootjie gaan sink en wie gaan seëvier?
Show More- Twintig kokke bring ‘n nuwe dimensie na ons land se geliefde kookmetode. Entoesias-braaiers span hul braai instinkte en tradisies in terwyl sjefs die vonke laat spat met moderne tegnieke.
- Temporadas2
Recomendado

Agrupe: Entertainment + Premier League
Obtenha o melhor dos dois. Assista séries de sucesso, filmes, originais africanos e muito mais, além de transmitir jogos da Premier League ao vivo no telemóvel.
APENAS
$8
FAQs
Como posso ver Kokkedoor: Vuur En Vlam?
Transfira a aplicação Showmax e comece a transmitir episódios completos de Kokkedoor: Vuur En Vlam. Veja a lista completa de dispositivos suportados.
Onde posso ver Kokkedoor: Vuur En Vlam?
Pode assistir Kokkedoor: Vuur En Vlam no Showmax. Basta registar-se no Showmax e transmitir todos os episódios.
Quantas temporadas de Kokkedoor: Vuur En Vlam existem?
A Showmax dispõe atualmente de 2 temporadas de Kokkedoor: Vuur En Vlam disponível para transmissão em direto.