Kokkedoor: Vuur En Vlam

Kokkedoor: Vuur En Vlam, Episode 9

Temporada 2, Episódio 9

Die Kokkedore trek ’n haas uit die hoed wanneer die braaibak ’n klompie vreemdhede oplewer. Braaiers wat te houtgerus geraak het word gepootjie deur ’n tjoppie, worsie en hoenderboudjie.

Assista aos episódios completos de Kokkedoor: Vuur En Vlam Temporada 2

Episode 1
S2 E1 • 48m • HD13

Die deelnemers se vuurdoop skop af met ’n bring-en-braai en spoed-ontmoetings. In ware Kokkedoor-tradisie sorg die kinkel dat elke pot die regte deksel kry om die goue middeweg aan te durf.

Episode 2
S2 E2 • 48m • HD13

Al sit sout en peper langs dieselfde vuur, plaas die getroue smaakpaartjie die spangees behoorlik onder druk. Biltong, bokkoms en mebos laat beland die braaiers nog meer in die pekel.

Episode 3
S2 E3 • 49m • HD13

Sardyne, seekat en tapas sorg vir sterk onderstrome. Skool vissies is wel veiliger in die bondel, maar die vuurkokke gaan gou uitvind dat hoe kleiner die vissie, hoe groter die braaigevaar.

Episode 4
S2 E4 • 49m • HD13

Die Kokkedore maak potjies met mielies en alledaagse stapelkos. Kokkedoor-veterane Mynhard en Pasch lig die deksels om te proe watter span ’n spens vol kos vir Meals on Wheels losslaan.

Episode 5
S2 E5 • 49m • HD13

Met 'n vleissaag in die hand en ‘n springbok in die koelkamer gaan dinge maar wild. Vuur-sjef Shaun Scrooby vra elegante vyfster-safarikos uit die voorkwart én die agterkwart of dis bokveld toe.

Episode 6
S2 E6 • 48m • HD13

Kupido sit aan vir ’n romantiese ete wat die opsitkers laat opvlam. Die spens is vol verleidelike bestanddele, maar sjokolade op die rooster laat dalk die spanne se liefdesbootjie kantel.

Episode 7
S2 E7 • 49m • HD13

Enjin-gedreun en sissende spek verklap dat honger bikers stop vir ontbyt. Die spanne skarrel met die tacos, wafels en jaffels, want die gaste is haastig om weer op die oop pad te kom.

Episode 8
S2 E8 • 49m • HD13

Die Kokkedore ruil braaitange vir mengbakke en kyk hul vrees in die oë om outydse melktert oor die vuur gaar te maak. Die kersie op die koek is dat Kokkedoor Theresa de Vries kom kuier.

Episode 9
S2 E9 • 49m • HD13

Die Kokkedore trek ’n haas uit die hoed wanneer die braaibak ’n klompie vreemdhede oplewer. Braaiers wat te houtgerus geraak het word gepootjie deur ’n tjoppie, worsie en hoenderboudjie.

Episode 10
S2 E10 • 49m • HD13

Die uitdrukking ‘om jou eie potjie te krap’ kry nuwe betekenis met ’n onverwagse span-kinkel. Sangeres Rina Hugo bring haar sprankel en Afrikaanse sêgoed lei tot nuwe geregte.

Episode 11
S2 E11 • 48m • HD13

Die paspoorte word gestempel vir ’n braaibesoek aan vuurkulture in verre lande. Die uitheemse braaitoerusting, wind en weer plaas druk op die spanne wat veg vir plek in die semi-finaal.

Episode 12
S2 E12 • 49m • HD13

Die Kokkedore betree die wêreld van fynproewerkos. Die bekroonde gassjef Jess van Dyk daag die braaiers uit om elke element van haar komplekse vyfster-gereg haarfyn oor die vuur te vertolk.

Episode 13
S2 E13 • 49m • HD13

Die finaliste berei vir hulle eregaste aan die Kapteinstafel ‘n feesmaal voor wat geïnspireer is deur die deftige laaste maaltyd op die Titanic. Wie se bootjie gaan sink en wie gaan seëvier?

Show More
  • Die Kokkedore trek ’n haas uit die hoed wanneer die braaibak ’n klompie vreemdhede oplewer. Braaiers wat te houtgerus geraak het word gepootjie deur ’n tjoppie, worsie en hoenderboudjie.
  • Seasons2

Pacote Showmax: Entertainment + Premier League

Obtenha o melhor de ambos. Veja séries de sucesso, filmes, originais africanos e muito mais e, transmita a Premier League em direto no telemóvel.

PREÇO DE LANÇAMENTO
$8